Sluit by die Paxful-familie aan

Hier by Paxful streef ons daarna om sigbare veranderings te maak aan mense se alledaagse lewens. Ons glo dat finansiële vryheid ’n mensereg is en mik daarna om dit ’n realiteit te maak. Sluit by ons saak aan en maak ’n verskil!

Wil jy weet wat Paxful is? Kyk na hierdie fantastiese video en vind uit!

Sluit by die Paxful-familie aan

Hoe is dit om by Paxful te werk?

Om te werk by Paxful is allesbehalwe gewoon. Met vier kantore reg oor die wêreld is ons spanne altyd druk besig. Ons werk met oorgawe, en werk hard om seker te maak dat ons altyd aan die voortou is. Jy sal Paxful-werknemers dikwels musiek sien luister, oefen by die gim, gesellig sit en eet, of in die son sit en bak. Dit klink dalk soos ’n cliché, maar ons voel soos familie omdat ons vir mekaar omgee en hou van wat ons doen.

Ons missie

Ons doel is ekonomiese vryheid deur persoon-tot-persoon-finansies. Met ’n beveiligde, intuïtiewe platform wat uit geverifieerde kliënte bestaan, streef ons daarna om ’n internasionale finansiële paspoort en universele “geldvertaler” te wees. Ons plaas opvoeding op die voorgrond terwyl ons span poog om mense reg oor die wêreld te help om met mekaar in verbinding te kom, van mekaar te leer en saam te groei. Op die ou end gaan dit daaroor om tasbare verskille aan lewens te maak. Werklike verandering wat deur werklike mense teweeggebring is.

Ons sorg vir alles wat jy nodig het

Ons gee vir jou gesondheid om

Ons voorsien daaglikse middag- en aandetes, ’n gimlidmaatskap van jou keuse, verskeie fiksheid- en voedingsaanvullings, masseer- en chiropraktykbesoeke en gesondheidverwante spangeleenthede, asook aanlyn mediese konsultasies met uitstekende dokters.

Ons is toegewyd aan jou groei

Ons besoek universiteite reg oor die wêreld en verskaf onbeperkte hulpbronne vir opleiding en professionele ontwikkeling – ons glo dat die enigste pad vorentoe deur volgehoue groei en leer is.

Ons hou daarvan om los te breek

Dis nie maklik om die wêreld te verander nie. Om dus ’n balans te kry met al die harde werk, bied ons aktiwiteite, geleenthede en selfs betaalde afdae vir almal in die maatskappy sommer vir pret, die ervaring en die verhoudings wat jy met jou kollegas wêreldwyd kan bou.

slider-image1
slider-image2
slider-image3
slider-image4
slider-image5

Departemente

Programmatuurontwikkeling

Dit is die hart van Paxful. Die oorkruisfunksionele produkspanne werk ywerig om nuwe produkte te ontwikkel, bestaandes op te dateer en die toekomstige bereik van persoon-tot-persoon-finansies te visualiseer.

Produk

Die oorkruisfunksionele produkspanne werk ywerig om konstant aan nuwe maniere te dink om ons gebruikers se ervaring te verbeter. Ontwerpers, produkbestuurders en ontleders doen wonders om idees te omskep in bruikbare produkte en kenmerke.

Voldoening en bedrog, en kliënte-ervaring

Paxful se grootste departement is oor verskillende kontinente versprei om 24/7-steun en -dispuutoplossing te verseker. Hierdie spanne werk aan die beveiliging van ons platform en gebruikers, en verseker voldoening aan regulatoriese vereistes, asook gevorderde blokkettingontleding.

Bemarking

Dit is die mense wat die boodskap van persoon-tot-persoon-finansies oor die wêreld versprei. Deur middel van beide tradisionele en nismediakanale streef hulle daarna om internasionale gehore te bereik deur opvoeding, inhoud en gemeenskapsbou.

Finansies

Hierdie departemente smeer ons masjien. Hulle verseker dat ons boeke op datum is en dat al ons werksaamhede binne die wet is.

Mense-werkings

Die mense wat sekermaak dat Paxful die beste werkplek ooit is! Hulle beheer al ons mense-werkings en bestuur alles in verband met organisatoriese ontwikkeling, saam met die hanteer van kantoorbestuur en verskeie administratiewe projekte.

Hoe om by die Paxful-familie aan te sluit

Wedersydse belang en aansoek

Wees gereed vir ’n oproep

Die eerste onderhoud

Hoe slaan jy ’n kishou met jou onderhoud?

  • Lees oor #BuiltWithBitcoin en ons missie om ekonomiese geregtigheid deur Bitcoin te behaal.
  • Kyk ons sosialemedia-kanale. As jy nie weet wat Bitcoin is nie, lees daaroor na om te verstaan wat die basiese beginsels van die tegnologiese en ekonomiese impak daarvan is
  • Kyk ons sosialemedia-rekeninge om ’n begrip van ons kultuur en kommunikasiestyl te kry
  • Vertel ons meer as wat op jou résumé is! Wat laat jou uitblink?