Onthounota vir verkoper se diensbepalings

Hierdie verkoper-diensbepalings is net bedoel as ’n verkorte verwysing vir die verkoper, en dit vervang nie Paxful se diensbepalings nie.

Hou asseblief in gedagte dat jy die volgende bepalings aanvaar wanneer jy kies om op Paxful te verhandel.

  1. As verkoper aanvaar jy alle risiko en aanspreeklikheid vir enige bedrog wat deur die verkoop van jou digitale bates gepleeg word.
  2. Paxful het die reg om te weier om enige fondse wat verloor word weens bedrog of betalings wat vir ons fondsbewaring se diensgeld is, terug te betaal.
  3. Enige en alle belastingbetalings is die verkoper se verantwoordelikheid.
  4. Om ’n probleem binne-in ’n verhandeling te rapporteer, dien asseblief ’n dispuut in en wag vir die moderator om in te tree.
  5. Paxful is nie aanspreeklik in gevalle waar jy die digitale bate vrystel voor die betaling finaal is nie.
  6. Die volgende handelinge word nie op Paxful toegelaat nie en kan tot gevolg hê dat jou rekening permanent geblokkeer word:
    1. Herverkoop geskenkkaarte
    2. Deel inligting buite fondsbewaring om tydens ’n verhandeling
    3. Verhandel buite fondsbewaring om
    4. Reageer nie – daar word van verkopers verwag om onmiddellik te reageer
    5. Beledigende taal
    6. Maak of jy ’n moderator is
    7. Skep duplikaatrekenings (sonder toestemming)
    8. Onderhandeling
    9. Opsetlike kriptogeldsluiting
    10. Enige ander bedrieglike gedrag