Paxful Inc. se DIENSBEPALINGS

HIERDIE OOREENKOMS BEVAT BAIE BELANGRIKE INLIGTING OOR JOU REGTE EN VERPLIGTINGE, ASOOK VOORWAARDES, BEPERKINGS EN UITSLUITINGS WAT MOONTLIK OP JOU VAN TOEPASSING IS. LEES DIT ASSEBLIEF NOUKEURIG.

Hierdie diensbepalings en enige wysigings en heraangewings daarvan (die “ooreenkoms”) vorm ’n wettige ooreenkoms wat die verskaffing van dienste deur Paxful aan jou dek, insluitende om ’n mark vir kopers en verkopers van “digitale bates” (sodanige term word breedweg veronderstel om digitale geldeenhede soos Bitcoin, Tether en ander, deur ’n Paxful-beursie gesteun, in te sluit) te bied om betrokke te raak by transaksies met mekaar (die “mark”), om gehuisveste digitalebeursie-dienste te bied, om digitale bates te hou en vry te stel volgens opdrag ná afloop van ’n aankoop van digitale bates en enige ander dienste wat in hierdie ooreenkoms beskryf word (gesamentlik die “dienste” en individueel ’n “diens”) wat deur Paxful, Inc. en al sy affiliate, waaronder onder andere Paxful USA, Inc. (gesamentlik “Paxful” of “ons” of die “maatskappy”) aan jou as individu (ook bekend as ’n “gebruiker” of “jy”) gebied word. Paxful.com en sy verwante dienste word deur Paxful besit en bestuur. Jou gebruik van die dienste sal deur hierdie ooreenkoms beheer word, tesame met ons privaatheidbeleid, koekiebeleid, en e-ondertekening-toestemming.

HIERDIE BEPALINGS VEREIS DIE GEBRUIK VAN ARBITRASIE OM DISPUTE BY TE LÊ, EERDER AS JURIEVERHORE OF KLAS-AKSIES.

Deur te registreer om ’n rekening via paxful.com of enige geassosieerde webwerwe, API’s of mobiele apps, insluitend enige URL’e wat deur Paxful bedryf word (gesamentlik die “Paxful-webwerf” of die “webwerf”) te gebruik, stem jy in dat jy al die bepalings en voorwaardes wat in hierdie ooreenkoms vervat is, noukeurig en deeglik gelees het en dit verstaan en aanvaar, insluitend ons privaatheidbeleid, koekiebeleid en e-ondertekening-toestemming.

DIE WAARDE VAN DIGITALE BATES KAN OP- OF AFGAAN EN DAAR KAN ’N BEDUIDENDE RISIKO WEES DAT JY GELD VERLOOR MET DIE KOOP, VERKOOP, BEHOUD OF BELEGGING IN DIGITALE BATES. JY BEHOORT DIT DEEGLIK TE OORDINK OF JOU FINANSIËLE TOESTAND JOU TOELAAT OM IN DIGITALE BATES TE VERHANDEL OF DIT TE HOU.

Meer oor Paxful en sy dienste

Paxful is ’n toonaangewende persoon-tot-persoon-mark wat die aankoop en verkoop van digitale bates fasiliteer met verkopers wat meer as 300 betaalmetodes aanvaar in ruil vir hulle digitale bates. Betaalmetodes word op ’n persoon-tot-persoon-grondslag tussen die kopers in die mark (“kopers”) en verkopers in die mark (“verkopers”) onderhandel en verruil. Ons gebruikers stem ooreen oor watter betaalmetode om te gebruik om ’n transaksie te voltooi en is ten volle verantwoordelik en aanspreeklik vir die gebruik van sodanige betaalmetode op ’n wettige manier.

Paxful bied ook gehuisveste digitalebeursie-dienste deur ’n toonaangewende internasionale digitalebate-beursieverskaffer. Ons wêreldwye gebruikerbasis kan aanbiedinge om digitale bates te koop of te verkoop op ’n verskeidenheid gerieflike maniere plaas. Die skepper van die aanbod is verantwoordelik om die transaksievereistes te noem, insluitend watter betaalmetodes die koper sal aanvaar. Sodra ’n aanbod deur ’n ander Paxful-gebruiker gekies word, word die verkoper se digitale bates as deel van ons transaksieprosedures gegrendel (waarna ons verwys as “Paxful-fondsbewaring”) totdat aan alle voorwaardes vir die voltooiing van die transaksie voldoen is. Sodra die koper aan die vereistes van die transaksie voldoen het en die betaling as geldig bevestig is en die verkoper dit ontvang het, word die transaksie voltooi, en word digitale bates ontgrendel en deur die verkoper aan die koper vrygestel. PAXFUL TREE NIE OP AS ’N BETALINGVERWERKER NIE. ALLE AANSPREEKLIKHEID VIR DIE STUUR EN ONTVANG VAN BETALING EN DIE BEVESTIGING VAN DIE GELDIGHEID VAN TRANSAKSIES IS TUSSEN DIE KOPER EN VERKOPER. Die digitale bates wat ons gegrendel het, word terug aan die verkoper vrygestel indien die koper besluit om die transaksie te kanselleer. Die verkoper mag die transaksie op geen stadium kanselleer nie. Slegs die verkoper het die opsie om die digitale bates te ontgrendel en dit aan die koper vry te stel. Dit is vir die beskerming van die koper se sekuriteit. Indien ’n verkoper die transaksie moet kanselleer omdat ’n koper nie aan die vereistes van die transaksie voldoen het nie, moet hulle ’n dispuut begin en ’n rede daarvoor gee, soos verder in afdeling 8 van hierdie ooreenkoms beskryf word. Transaksies op ons webwerf word tussen die kopers en verkopers beklink. Daarom is Paxful nie deel van enige transaksie nie.

Die gehuisveste beursiediens vir digitale geldeenhede wat deur Paxful gebied word, is ’n beveiligde metode om digitale geldeenhede te stoor, stuur en ontvang. Paxful stoor of bewaar geen digitale bates nie. Digitale bates word altyd op die onderskeidelike netwerke of blokkettings gestoor. Alle transaksies met digitale bates vind op die digitale geldeenheid se netwerk plaas, nie op Paxful nie. Daar is geen waarborge dat die transaksie op die digitale geldeenheid se netwerk verwerk sal word nie. Paxful behou die reg voor om te weier dat enige transaksie verwerk word as dit deur die wet vereis word of as ons meen dat die transaksies ons bepalings en voorwaardes in hierdie ooreenkoms oortree. Jy aanvaar en erken hiermee dat jy volle verantwoordelikheid neem vir alle aktiwiteite wat in jou beursie plaasvind en jy aanvaar alle risiko’s van enige gemagtigde of ongemagtigde toegang tot jou beursie, in die maksimum mate deur die wet toegelaat.

  1. ALGEMEEN

    1. Ons behou die reg om hierdie ooreenkoms te eniger tyd geheel en na ons eie absolute goeddunke en sonder vooraf kennisgewing te amendeer, wysig, verander of hersien. Enige sodanige veranderinge oor jou gebruik van die dienste sal in werking tree wanneer dit op die Paxful-webwerf geplaas word, en nie terugwerkend nie. As jy vir ons ’n e-posadres gegee het, sal ons jou moontlik ook per e-pos laat weet dat die ooreenkoms gewysig is. As jy nie instem tot die bepalings van die gewysigde ooreenkoms nie, is die onmiddellike beëindiging van jou gebruik van die dienste en die sluiting van jou rekening jou enkele en uitsluitlike regsmiddel.
    2. Dit is jou verantwoordelikheid om die ooreenkoms noukeurig te lees en hierdie ooreenkoms van tyd tot tyd, soos op die Paxful-webwerf geplaas, na te gaan. Jou voortgesette gebruik van die dienste sal aandui dat jy aanvaar om verbind te wees tot die ooreenkoms wat op daardie tydstip geld.
    3. Paxful se versuim of vertraging in die afdwing of gedeeltelike afdwinging van enige bepaling van die ooreenkoms sal nie vertolk word as ’n afstanddoening van enige van ons regte of regsmiddels nie.
  2. REKENING EN REGISTRASIE

    1. Om die dienste te kan gebruik, sal jy ’n rekening deur ons webwerf moet registreer. Tydens die registrasieproses sal ons jou vir sekere inligting vra om jou identiteit te verifieer, waaronder jou naam, adres en ander persoonlike inligting. Ons kan moontlik geheel en na ons eie absolute goeddunke weier om ’n rekening vir jou te onderhou. Jy aanvaar en erken hiermee dat jy: (a) in jou onderskeie regsgebied die wettige ouderdom het om in te stem tot hierdie ooreenkoms; en (b) dat jy nie voorheen verbied is om ons dienste te gebruik of daaruit verwyder is nie.
    2. Deur jou rekening te gebruik, stem jy in en beweer jy dat jy ons dienste self sal gebruik en dat jy jou rekening nie mag gebruik om as tussenganger of makelaar vir enige ander derde party, persoon of entiteit op te tree nie. Tensy uitdruklik deur Paxful gemagtig, word jy toegelaat om slegs een rekening te hê en word jy nie toegelaat om jou rekening of enige inligting wat nodig is om toegang tot jou rekening te kry, aan mense of entiteite behalwe jouself te verkoop, leen, deel of andersins beskikbaar te maak nie. Jy is alleen verantwoordelik en aanspreeklik vir die handhaaf van voldoende sekuriteit en beheer oor enige en alle gebruikername, e-posadresse, wagwoorde, tweefaktorbekragtigingkodes en enige ander kodes of aanmeldinligting wat jy gebruik vir toegang tot die dienste. Jou rekening moenie enige misleidende of bedrieglike inligting bevat nie. Om vals inligting vir jou rekening te skep, jou land van herkoms te vervals of bedrieglike identifiseringdokumente te voorsien, word streng verbied.
    3. Tydens die registrasie van jou rekening stem jy in om vir ons die inligting te verskaf wat ons benodig vir doeleindes van identiteitverifiëring en die bespeuring van geldwassery, die finansiering van terrorisme, bedrog, of enige ander finansiële misdaad. Jy stem ook in om ons toe te laat om ’n rekord te hou van sodanige inligting. Jy sal sekere verifiëringprosedures moet voltooi voordat jy toegelaat sal word om die dienste te gebruik. Sodanige prosedures kan moontlik gewysig word as gevolg van inligting wat ons deurlopend oor jou insamel. Die inligting wat ons versoek, kan moontlik sekere persoonlike inligting insluit, waaronder jou naam, adres, foonnommer, e-posadres, geboortedatum, sosialesekerheid-nommer, belastingbetaler-identifiseringnommer en ’n regeringsidentifikasie. Deurdat jy ons voorsien van hierdie of enige ander inligting wat benodig word, bevestig jy dat al die inligting waar, akkuraat en nie misleidend is nie. Jy stem in om ons onmiddellik op hoogte te bring as enige inligting wat jy voorsien het, verander. JY MAGTIG ONS OM NAVRAE TE DOEN, DIREK OF DEUR DERDE PARTYE, WAT ONS NOODSAAKLIK AG OM JOU IDENTITEIT TE VERIFIEER OM JOU EN/OF ONS TEEN BEDROG EN ANDER FINANSIËLE MISDADE TE BESKERM, EN OM OP TE TREE SOOS ONS NODIG AG OP GROND VAN DIE RESULTATE VAN SODANIGE NAVRAE. WANNEER ONS SODANIGE NAVRAE DOEN, ERKEN JY EN STEM JY IN DAT JOU PERSOONLIKE INLIGTING AAN KREDIETVERWYSING- EN BEDROGVOORKOMING-AGENTSKAPPE OF AGENTSKAPPE WAT FINANSIËLE MISDADE ONDERSOEK, BEKENDGEMAAK MAG WORD EN DAT HIERDIE AGENTSKAPPE VOLLEDIG MAG ANTWOORD OP ONS NAVRAE.
    4. Indien jy die dienste namens ’n regsentiteit soos ’n korporatiewe entiteit gebruik, beweer en waarborg jy verder dat: (i) die regsentiteit na behore ontstaan het en geldig bestaan ingevolge die toepaslike wette van die regsgebied van die organisasie daarvan; en (ii) jy deur sodanige regsentiteit na behore gemagtig is om namens dit op te tree. ’n Korporatief geverifieerde rekening is spesifiek vir daardie regsentiteit en kan slegs gebruik word deur die persoon wat dit geregistreer het. Ander individue of entiteite mag nie korporatiewe rekenings deel of gebruik nie. Korporatiewe rekenings wat geverifieer is, word met die volgende beperkte uitsonderings toegelaat:

      • ’n Goedgekeurde korporatiewe rekening mag verskeie aktiewe gebruikerrekenings op enige tydstip hê, mits hulle almal maatskappygeverifieer is en bedryf word deur aangewese werknemers van die maatskappy wat voorheen aan Paxful bekendgemaak en geheel na ons eie absolute goeddunke goedgekeur is;
      • Korporatiewe rekenings mag slegs een aktiewe aanbod vir ’n spesifieke transaksie op enige gegewe tydstip hê en mag nie velerlei aanbiedinge vir sodanige spesifieke transaksie van hul ander korporatiewe rekenings hê nie.
    5. Jy is alleen verantwoordelik vir die skep van ’n sterk wagwoord en vir die handhaaf van voldoende sekuriteit en beheer van enige en alle ID’s, wagwoorde, wenke, persoonlike identifiseringnommers (PIN’e), API-sleutels of enige ander kodes wat jy gebruik vir toegang tot ons dienste. Enige verlies aan of inbraak by die voorgemelde inligting en/of jou persoonlike inligting kan moontlik ongemagtigde toegang tot jou rekening deur derde partye tot gevolg hê, asook die verlies aan of diefstal van enige digitale bates en/of fondse wat met jou rekening geassosieer is, insluitend jou gekoppelde betaalmetodes. Jy is alleen verantwoordelik daarvoor om jou e-posadresse, foonnommer en ander kontakinligting in jou rekeningprofiel bygewerk te hou sodat jy enige berigte of waarskuwings wat ons moontlik aan jou stuur, kan ontvang. Jy behoort nooit afstandtoegang toe te laat of jou rekenaarskerm met iemand anders te deel wanneer jy by jou rekening aangemeld is nie. Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige verlies wat jy ly weens inbraak by jou rekening-aanmeldinligting wat nie Paxful se skuld is nie en/of jou versuim om enige berigte of waarskuwing wat ons aan jou mag stuur, op te volg of daarop op te tree nie.
    6. Om ons dienste te kan gebruik, sal jy moontlik aan sekere regsvereistes in jou inwoonland en/of -deelstaat moet voldoen. Deur hierdie bepalings in hierdie ooreenkoms te aanvaar, bevestig jy dat jy jou plaaslike wette en regulasies nagegaan het en dat jy bewus is van enige en alle sodanige verpligtinge en daaraan voldoen. Weens regs- of regulatoriese verbiedings bied ons nie die gebruik van ons dienste in sekere regsgebiede nie. Deur die bepalings in hierdie ooreenkoms te aanvaar, bevestig jy dat jy nie ’n inwoner is van sodanige regsgebiede nie, en ook nie beheer word deur die wette en regulasies van daardie regsgebiede nie.
    7. Ons sal moontlik nie al die dienste in alle markte en regsgebiede beskikbaar maak nie en sal moontlik gebruik van alle of ’n deel van die dienste in sekere regsgebiede beperk of verbied (“Beperkte regsgebiede”). Op hierdie stadium sluit beperkte regsgebiede daardie gebiede in wat by ons ”Lys verbode lande ingesluit is, asook die deelstate Washington en New York. Daarmee saam is die dienste in verband met die digitale geldeenheid Tether (USDT) nie beskikbaar aan gebruikers wat in die deelstaat Texas woon nie. Jy moet nie probeer om ons dienste te gebruik as jy jou in enige van daardie beperkte regsgebiede bevind nie. Jy moet nie probeer om enige beperkings wat via die dienste opgelê is, te omseil nie (bv. om jou IP-adres te versteek of enige onakkurate inligting oor jou ligging in te dien).
  3. REGSGEBIED, ARBITRASIE EN SKEIBAARHEID

    1. Hierdie ooreenkoms en jou gebruik van die webwerf en dienste sal ooreenkomstig die deelstaat Delaware beheer en vertolk word, sonder inagneming van beginsels van konflik van wette.
    2. Arbitrasie. Jy en Paxful stem in dat enige dispuut wat mag voortspruit uit of verband hou met hierdie ooreenkoms of die dienste, op ’n individuele grondslag finaal in bindende arbitrasie besleg sal word, ooreenkomstig die VSA se American Arbitration Association se reëls vir die arbitrasie van verbruikerverwante dispute (toeganklik by https://www.adr.org/rules). Onderworpe aan toepaslike regsgebiedvereistes, mag verbruiker-eisers (individue wie se transaksie vir persoonlike, gesins- of huishoudelike gebruik bedoel is) kies om hul eise in hul plaaslike hof vir klein eise uit te oefen, eerder as deur arbitrasie, mits hul saak in die hof vir klein eise bly en slegs op ’n individuele (nieklas- of nieverteenwoordigende) basis voortgaan.

      AFSTANDDOENING VAN KLAS-AKSIE: IN DIE MATE DEUR DIE WET TOEGELAAT SAL ALLE EISE SLEGS OP ’N INDIVIDUELE GRONDSLAG GEBRING WORD EN NIE AS ’N EISER OF KLASLID VAN ENIGE BEWEERDE KLAS, KOLLEKTIEWE AKSIE OF VOORTGAANDE VERTEENWOORDIGER NIE (GESAMENTLIK “AFSTANDDOENING VAN KLAS-AKSIE”). DIE ARBITER MAG NIE MEER AS EEN PERSOON SE EISE KONSOLIDEER OF BETROKKE RAAK BY ENIGE KLAS-ARBITRASIE NIE. DEUR IN TE STEM TOT HIERDIE BEPALINGS, ERKEN JY DAT JY EN PAXFUL ALBEI AFSTAND DOEN VAN ENIGE REG TOT ’N JURIE-VERHOOR EN DAT JY AFSTAND DOEN VAN DIE REG OM DEEL TE NEEM AAN ’N KLAS-AKSIE TEEN PAXFUL.

      Die VSA se Federal Arbitration Act, 9 U.S.C. §§ 1-16, is volledig op die arbitrasie van toepassing. Die arbitrasie sal deur ’n enkele, neutrale arbiter uitgevoer word en sal in die deelstaat Delaware of ’n ander wedersyds-ooreengekome ligging in die Engelse taal plaasvind. Die arbiter mag enige herstel toeken wat ’n bevoegde juridiese hof sou kon toeken, insluitend prokureurskoste indien deur die wet gemagtig, en die arbitrasiebesluit mag as ’n vonnis ingeskryf word en in enige geregshof afgedwing word. Verhore mag op jou versoek in persoon of per telefoon uitgevoer word en die arbiter mag daarvoor voorsiening maak dat mosies sonder mondelinge verhore deur opdragte ingedien en bepaal word. Die heersende party in enige aksie of proses wat hierdie ooreenkoms afdwing, sal geregtig wees op koste en prokureurskoste.

      Indien die arbiter(s) of arbitrasie-administrateur inleweringskoste of ander administratiewe koste teen jou hef, sal ons jou op versoek terugbetaal, in die mate dat sodanige fooie of koste meer sou wees as wat jy andersins sou moes betaal as jy eerder in ’n hof sou voortgaan. Ons sal ook bykomende fooie of koste betaal indien die arbitrasie-administrateur se reëls of toepaslike wet dit vereis. Behalwe die voorgemelde sal elke party verantwoordelik wees vir enige ander fooie of koste, soos prokureurskoste, wat die party ook al aangaan.

    3. Indien enige deel van hierdie ooreenkoms in geheel of gedeeltelik deur enige arbiter of hof in die VSA as ongeldig of onafdwingbaar beskou word, sal die geldigheid of afdwingbaarheid van die ander afdelings van hierdie bepalings en voorwaardes nie beïnvloed word nie. Enige opskrifte in hierdie ooreenkoms is slegs ter inligting en is nie afdwingbare voorsienings in hierdie ooreenkoms nie.
  4. PRIVAATHEIDBELEID EN SEKURITEIT

    1. Ons poog om alle redelike stappe te doen om jou persoonlike inligting te beskerm. Ons kan egter nie die sekuriteit van enige data wat jy aanlyn bekendmaak, waarborg nie. Jy aanvaar die inherente sekuriteitsrisiko’s daarvan om inligting aanlyn via die internet te verskaf en aanlyn te verhandel en jy sal ons nie verantwoordelik hou vir enige sekuriteitsbreuk tensy dit weens ons nalatigheid is nie.
    2. Lees asseblief ons amptelike privaatheidverklaring: https://paxful.com/privacy.
  5. GEEN WAARBORG, BEPERKING VAN AANSPREEKLIKHEID EN RISIKO-AANVAARDING NIE

    1. DIE DIENSTE WORD VOORSIEN OP ’N “SOOS DIT IS”- EN “SOOS BESKIKBAAR”-GRONDSLAG, SONDER ENIGE GARANSIES, VERTEENWOORDIGINGS OF WAARBORGE, HETSY UITDRUKLIK, GEÏMPLISEER OF STATUTÊR. TOT DIE MAKSIMUM MATE WAT TOEPASLIKE WETGEWING TOELAAT, DOEN PAXFUL SPESIFIEK AFSTAND VAN ENIGE GEÏMPLISEERDE WAARBORGE VAN TITEL, VERHANDELBAARHEID, GESKIKTHEID VIR ’N SPESIFIEKE DOEL EN/OF NIESKENDING. PAXFUL RIG GEEN VERTOË OF GEE GEEN WAARBORGE DAT TOEGANG TOT DIE WEBWERF, ENIGE DEEL VAN DIE DIENSTE OF ENIGE MATERIAAL DAARIN VERVAT AANEENLOPEND, ONONDERBROKE, TYDIG OF FOUTVRY SAL WEES NIE. PAXFUL IS NIE AANSPREEKLIK VIR ENIGE ONTWRIGTING OF VERLIES WAT ’N GEBRUIKER LY NIE. JY ERKEN HIERMEE EN STEM IN DAT JY NIE OP ENIGE ANDER VERKLARING OF VERSTANDHOUDING, HETSY GESKREWE OF MONDELINGS, STAATGEMAAK HET OOR JOU GEBRUIK VAN EN TOEGANG TOT DIE DIENSTE EN WEBWERF NIE. SONDER OM DIE VOORAFGAANDE TE BEPERK, ERKEN EN AANVAAR JY HIERMEE DIE VERSKEIE RISIKO’S WAT INHERENT IS AAN DIE GEBRUIK VAN DIGITALE GELDEENHEDE, WAARONDER HARDEWAREFOUTE, SAGTEWAREKWESSIES, INTERNETKOPPELFOUTE, KWAADAARDIGE SAGTEWARE, INMENGING DEUR DERDE PARTYE WAT LEI NA DIE VERLIES VAN TOEGANG TOT JOU REKENING OF BEURSIE EN ANDER GEBRUIKERDATA, BEDIENERFOUTE OF DATAVERLIES. JY AANVAAR EN ERKEN DAT PAXFUL NIE VERANTWOORDELIK SAL WEES VIR ENIGE KOMMUNIKASIEFOUTE, ONTWRIGTINGS, FOUTE, VERDRAAIINGS OF VERTRAGINGS WAT JY MAG ERVAAR TERWYL JY DIE DIENSTE GEBRUIK NIE, HOE DIT OOK AL VEROORSAAK IS.
    2. ONDER GEEN OMSTANDIGHEDE SAL PAXFUL, SY AFFILIATE EN DIENSVERSKAFFERS OF ENIGE VAN HUL ONDERSKEIE BEAMPTES, DIREKTEURE, AGENTE, WERKNEMERS, RAADGEWERS, KONSULTANTE OF VERTEENWOORDIGERS AANSPREEKLIK WEES VIR (A) ENIGE BEDRAG GROTER AS DIE WAARDE VAN TOTALE DIENSGELD DEUR JOU BETAAL VIR DIE DIENS WAT ONDERWORPE IS AAN DIE HANDELINGSOORSAAK IN DIE TWAALF (12) MAANDE VOOR DIE VOORTSPRUITENDE VERLIES NIE OF (B) VIR ENIGE VERLORE WINSTE, VERMINDERING VAN WAARDE OF BESIGHEIDSGELEENTHEDE, ENIGE VERLIES, SKADE, SKENDING OF KORRUPSIE VAN DATA OF ENIGE ANDER ONTASBARE EIENDOM OF ENIGE SPESIALE, BYKOMSTIGE, INDIREKTE, ONTASBARE OF GEVOLGLIKE SKADE, HETSY OP KONTRAK, DELIK, NALATIGHEID, STRENG AANSPREEKLIKHEID OF ANDERSINS GEBASEER, OF ANDERSINS, VOORTSPRUITEND UIT OF OOR DIE GEMAGTIGDE OF ONGEMAGTIGDE GEBRUIK VAN DIE WEBWERF OF DIE DIENSTE, OF HIERDIE OOREENKOMS, SELFS AS ’N GEMAGTIGDE VERTEENWOORDIGER VAN PAXFUL GEADVISEER IS OF GEWEET HET VAN OF BEHOORT TE GEWEET HET VAN DIE MOONTLIKHEID VAN SODANIGE SKADE, EN ONDANKS ENIGE OOREENGEKOME OF ANDER REGSMIDDEL SE MISLUKKING IN DIE ESSENSIËLE DOEL, BEHALWE TOT DIE MATE VAN ’N FINALE GEREGTELIKE BEPALING DAT SODANIGE SKADE DIE RESULTAAT VAN PAXFUL SE GROWWE NALATIGHEID, BEDROG, OPSETLIKE WANGEDRAG OF OPSETLIKE OORTREDING VAN DIE WET WAS. SOMMIGE REGSGEBIEDE LAAT NIE DIE UITSLUIT OF BEPERKING VAN BYKOMSTIGE OF GEVOLGLIKE SKADE TOE NIE, EN DAAROM SAL DIE BEPERKING HIER BO MOONTLIK NIE OP JOU VAN TOEPASSING WEES NIE.
    3. Ons besit of beheer nie die onderliggende sagtewareprotokolle wat die werking van digitale bates beheer nie. Oor die algemeen is die onderliggende protokolle oopbron en enigiemand kan dit gebruik, kopieer, wysig en versprei. Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir die werking van die onderliggende protokolle nie en ons kan nie die funksionaliteit of sekuriteit van netwerkwerkinge waarborg nie. Die onderliggende protokolle kan moontlik spesifiek onderhewig wees aan skielike werkingveranderinge (insluitend “vurke”). Enige sodanige materiële werkingveranderinge kan die beskikbaarheid, waarde, funksionaliteit en/of die naam van sodanige digitale eenheid wesenlik verander. Paxful beheer nie die tydsberekening en kenmerke van sodanige materiële werkingveranderinge nie. Dit is jou verantwoordelikheid om jou te vergewis van toekomstige werkingveranderinge en jy moet publiek beskikbare inligting en inligting wat deur Paxful verskaf word, versigtig bedink wanneer jy besluit of jy die dienste wil aanhou gebruik. In die geval van enige sodanige werkingverandering behou Paxful die reg om sodanige stappe te doen wat nodig is om die sekuriteit en veilige werking van sy platform te beskerm, insluitend om werking vir die betrokke digitale geldeenheid/geldeenhede tydelik op te skort, asook ander stappe. Paxful sal redelike pogings aanwend om vir jou kennisgewing te gee van ons respons op enige materiële werkingverandering; sodanige veranderinge is egter buite ons beheer en kan moontlik gebeur sonder dat Paxful kennis het daarvan. Ons respons op enige materiële werkingverandering is onderworpe aan ons eie goeddunke en sluit die besluit in om nie enige nuwe vurk of ander aksies te ondersteun nie. Jy erken en aanvaar die risiko’s wat werkingveranderinge vir digitale bates se protokolle inhou en jy stem in dat Paxful nie verantwoordelik is vir sodanige werkingveranderinge nie en nie aanspreeklik is vir enige waardeverlies wat jy moontlik ly as gevolg van sodanige veranderinge aan werkings nie. Jy erken en aanvaar dat Paxful ons respons op enige werkingverandering geheel na eie goeddunke sal bepaal en dat ons geen verantwoordelikheid het om jou by te staan met ongesteunde geldeenhede of protokolle nie.
    4. Wanneer jy ons dienste gebruik, sal jy moontlik inhoud bekyk of dienste gebruik wat deur derde partye voorsien is, insluitend hiperskakels na derdeparty-webwerwe en dienste van sodanige partye (“3de-party-inhoud”). Ons onderskryf, aanvaar of beheer geen 3de-party-inhoud nie en aanvaar hoegenaamd geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir sodanige 3de-party-inhoud nie. Daarmee saam is jou onderhandeling of korrespondensie met sodanige derde partye tussen jou en die derde partye alleen. Ons is nie verantwoordelik of aanspreeklik vir enige verlies of skade van enige aard wat gely word as gevolg van enige sodanige onderhandelings nie en jy verstaan dat jou gebruik van 3de-party-inhoud en jou onderhandelings met derde partye op jou eie risiko is.
    5. Om alle twyfel uit die weg te ruim: Paxful voorsien geen belegging-, belasting- of regsadvies nie. Paxful is nie by die VSA se Securities and Exchange Commission geregistreer nie en bied nie enige sekuriteitedienste of beleggingadvies nie. Alle transaksies deur ons mark word op ’n persoon-tot-persoon-grondslag tussen die verkoper en die koper uitgevoer, en jy is alleen daarvoor verantwoordelik om te bepaal of enige belegging, beleggingstrategie of verwante transaksie vir jou van pas is, gebaseer op jou persoonlike beleggingdoelwitte, finansiële omstandighede en risiko-toleransie. Jy behoort jou regs- of belasting-adviseur oor jou spesifieke situasie te raadpleeg. Ons sal moontlik van tyd tot tyd opvoedkundige inligting oor ons platform en produkte voorsien om gebruikers by te staan om meer oor ons dienste uit te vind. Inligting kan moontlik onder andere blogplasings, artikels, skakels na 3de-party-inhoud, nuusvoere, tutoriale en video’s insluit. Die inligting wat op die webwerf of enige derdeparty-werwe voorsien word, behels nie beleggingadvies, finansiële advies, verhandel-advies of enige ander soort advies nie en jy behoort nie enige van die webwerf se inhoud as sodanig te beskou nie. Voordat jy besluit om enige digitale bates te koop, te verkoop of te hou, behoort jy jou eie omsigtigheidsondersoek te doen en jou finansiële adviseurs te raadpleeg voordat jy enige beleggingbesluit neem. Paxful sal nie verantwoordelik gehou word vir die besluite wat jy op grond van die inligting deur Paxful voorsien maak om digitale bates te koop, te verkoop of te hou nie.
    6. Jy stem in daartoe dat ons nie aanspreeklik is vir enige pryswisselings in digitale bates nie. In die geval van markontwrigting of ’n force majeure-gebeurtenis (soos in afdeling 17 beskryf), sal ons moontlik een of meer van die volgende doen: (a) toegang tot die dienste opskort; of (b) jou daarvan verhoed om enige handelinge via die dienste te voltooi. Ons sal nie aanspreeklik wees vir enige verliese wat jy as gevolg van sodanige handelinge ly nie. Ná sodanige gebeurtenis, wanneer die dienste voortgesit word, erken jy dat heersende markkoerse beduidend kan verskil van die koerse wat voor sodanige gebeurtenis beskikbaar was.
    7. Ons gee geen waarborg dat die webwerf of die bediener wat dit beskikbaar maak, geen virusse of foute het, dat die inhoud daarvan akkuraat is, dat dit ononderbroke sal wees of dat foute reggestel sal word nie. Ons sal nie teenoor jou verantwoordelik of aanspreeklik wees vir enige verlies van enige aard as gevolg van enige optrede nie, ook nie optrede op grond van materiaal of inligting wat die webwerf bevat nie.
  6. VRYWARING VAN PAXFUL EN SKADELOOSSTELLING

    1. Indien jy met een of meer van ons dienste se gebruikers ’n dispuut het, stel jy Paxful, sy affiliate en diensverskaffers en elk van sy onderskeie beamptes, direkteure, werknemers, agente en verteenwoordigers vry van enige en alle eise, aanskrywings en skade (werklik en gevolglik) van alle soorte en aard wat moontlik voortspruit uit of op enige wyse verbind is aan sodanige dispute. Jy stem in om Paxful, sy affiliate en elk van sy of hul onderskeie beamptes, direkteure, werknemers, agente en verteenwoordigers te vrywaar en skadeloos te stel teen enige eis of aanskrywing (insluitend prokureursfooie en enige boetes, fooie of strafboetes deur enige regulatoriese owerheid opgelê) wat voortspruit uit of verband het met jou oortreding van hierdie ooreenkoms of enige wet, reël of regulasie of die regte van enige derde party.
  7. TRANSAKSIES OP PAXFUL SE MARK

    Die webwerf laat gebruikers toe om aanbiedinge te versoek om digitale bates te koop of te verkoop.

    Wanneer ’n gebruiker ’n transaksie inisieer om digitale bates te koop of verkoop, word die transaksie ingevolge hierdie ooreenkoms en die bykomende bepalings, indien enige, voltooi. Die inligting daarvan word deur die gebruiker of die gebruiker se teenparty uiteengesit. ’n Stap-vir-stap-gids oor die koop en verkoop van digitale bates op die Paxful-mark is by https://support.paxful.com/support/solutions/150000191612.

    Die volgende algemene bepalings geld vir elke transaksie hier onder beskryf:

    1. Om digitale bates te koop deur ’n aanbieding te versoek.

      Wanneer jy digitale bates op die Paxful-mark koop:

      1. Daar is geen diensgeld wat kopers moet betaal vir Paxful-fondsbewaring as deel van ’n transaksie op ons mark nie.
      2. Aanbiedinge van Paxful-medepartye het hul eie bepalings en voorwaardes en elke aanbod se wisselkoers, wisselspoed en ander bepalings en voorwaardes deur ’n verkoper ingestel, sal wissel. Deur ’n verkoper se aanbod te aanvaar, stem jy in om gebind te wees deur daardie aanbod se bepalings en voorwaardes. Die bepalings en voorwaardes wat die verkoper gespesifiseer het, geld in alle gevalle, behalwe as dit hierdie ooreenkoms weerspreek of oortree, onwettig of onredelik is of andersins moeilik is om aan te voldoen (soos bepaal na Paxful se gehele en eie goeddunke), of as beide gebruikers van die transaksie instem om sodanige aanbod se bepalings en voorwaardes te wysig. DIT IS JOU VERANTWOORDELIKHEID OM DIE VERKOPER SE AANBODBEPALINGS EN -VEREISTES NOUKEURIG TE LEES EN PRESIES TE VOLG. AS JY NIE DIE AANBODBEPALINGS EN -VEREISTES VOLG NIE, SAL JOU BETALING NIE AANVAAR WORD NIE. MOET NOOIT BETALING INDIEN TENSY JY AL DIE BEPALINGS EN VOORWAARDES WAT IN DIE AANBOD GELYS IS, GEVOLG HET NIE. AS JY BETALING INDIEN SONDER OM DIE BEPALINGS EN VOORWAARDES TE VOLG, KAN PAXFUL JOU NIE BYSTAAN IN ’N DISPUUTPROSES OM JOU BETALING TERUG TE KRY NIE.
      3. Dit is die verkoper en nie Paxful nie se verpligting om betaling te verifieer en instruksies te gee om digitale bates uit Paxful-fondsbewaring te ontsluit. Indien die verkoper die digitale bates nie aan jou vrystel sodra jy behoorlik aan die verkoper se bepalings en vereistes voldoen het nie, moet jy die saak onmiddellik via die aangewese dispuutknoppie in die spesifieke verhandelinggesprek rapporteer. Paxful se steundiens sal die dispuut nagaan en besleg. Hierdie dispuutoplossingproses word verder in “Afdeling 8 – Disputeer transaksies via Paxful se dispuutoplossingproses” beskryf. As jy nie hierdie dispuutoplossingproses volg nie, sal Paxful jou nie verder in hierdie saak kan bystaan nie.
    2. Om digitale bates te verkoop

      Wanneer jy digitale bates op die Paxful-mark verkoop:

      1. Verkopers moet die betaling binne ’n redelike tydperk verifieer en verwerk, en binne ’n sekere tydperk soos in die aanbodvereistes gespesifiseer. Sodra die koper die betaling ooreenkomstig die aanbodvereistes aan jou ingedien het, is dit alleenlik jou plig en verantwoordelikheid om die betaling onmiddellik te verifieer en die betaling te verwerk. Dan moet jy die digitale bates ontsluit uit fondsbewaring en dit aan die koper vrystel. As jy nie die instruksies van die aanbod volg nie, sal jy moontlik nie geregtig wees op die terugkry van jou geslote digitale bates nie.
      2. As ’n verkoper aanvaar jy alle risiko’s en aanspreeklikhede vir enige oortreding van hierdie ooreenkoms wat volg uit die verkoop van digitale bates. Alle belasting wat betaal moet word, is jou verantwoordelikheid. Paxful hef diensgeld van jou as die verkoper van digitale bates om digitale bates wat aan ’n verkooptransaksie onderhewig is, in Paxful-fondsbewaring te sluit. Tensy anders bepaal, geheel na Paxful se eie goeddunke, sal Paxful nie enige van die verkoper se verliese terugbetaal nie, ongeag of dit is weens ’n oortreding van hierdie ooreenkoms, bedrog of andersins, en ons diensgeld sal onder geen omstandighede terugbetaal word nie.
      3. Jy moet enige betaling wat jy ontvang, ten volle verwerk en as ontvang bevestig voordat jy die digitale bates uit Paxful-fondsbewaring ontsluit. Paxful is nie verantwoordelik vir jou verlies as jy digitale bates voortydig ontsluit voordat betaling behoorlik deur jou geverifieer en ontvang is nie. Jy moet oplettend en reagerend wees teenoor jou koper. Jy moet enige onaktiewe aanbiedinge deaktiveer.
      4. Enige advertensie van jou eie webwerf in enige afdeling van Paxful se mark (soos jou bio, aanbodvereistes of transaksiegesprek) wat die koop of verkoop van digitale bates buite Paxful se dienste sal fasiliteer, word streng verbied. In beperkte gevalle word dit toegelaat om jou webwerf, wat alleenlik geskep is vir die verkoper om betaling te ontvang om die transaksie te voltooi (d.i. vertroude derdeparty-debiet-/-kredietkaartverwerking) in die transaksie-instruksies te deel, mits die gebruik van sodanige eksterne webwerwe duidelik gemaak word in die aanbodvereistes. Sodanige webwerwe mag nie enige ander advertensies of jou kontakinligting bevat nie.
    3. Voldoening

      1. Paxful en die dienste is nie geaffilieer by of geassosieer met enige derde party nie, en dit word ook nie onderskryf of geborg deur enige derde party nie, waaronder onder andere enige geskenkkaart-uitreiker. Aangewese handelsmerke, handelsname en ander identifiseerders is die eiendom van slegs hul onderskeie eienaars. Paxful en die dienste word nie op enige manier deur of met sodanige eienaars onderskryf, geborg, geassosieer of geaffilieer nie.
      2. Paxful is nie ’n gelisensieerde geskenkkaart-verkoper of gemagtigde handelaar van enige geskenkkaart-uitreiker nie. Enige geskenkkaarte wat direk van ’n gebruiker van die Paxful-mark ontvang word, is onderworpe aan die bepalings en voorwaardes van die derdepartyhandelaar by wie dit ingeruil kan word (“uitreiker”). Paxful is nie verantwoordelik vir enige uitreiker(s) se handelinge of versuim of enige fooie, vervaldatums, boetes of bepalings en voorwaardes geassosieer met die uitreiker se geskenkkaart wat jy deur die gebruik van Paxful se mark ontvang nie. Deur die geskenkkaart van ’n gebruiker in ontvangs te neem, erken jy dat jy die geskenkkaart se bepalings en voorwaardes gelees het en jy beweer teenoor Paxful dat jy kwalifiseer om sodanige geskenkkaarte volgens die geskenkkaart-uitreiker se bepalings en voorwaardes of volgens die toepaslike wet te gebruik.
      3. TUSSENHANDEL OF HERVERKOOP VAN GESKENKKAARTE OP ONS WEBWERF EN MARK WORD STRENG VERBIED. JY MOET DIE REGMATIGE EIENAAR VAN DIE GESKENKKAART WEES EN JY STEM IN OM PAXFUL TE VOORSIEN VAN GELDIGE BEWYS VAN EIENAARSKAP VAN JOU GESKENKKAART (SOOS ’N TRANSAKSIEBEWYS), INDIEN PAXFUL DIT VERSOEK. PAXFUL MAAK GEEN BEWERINGS, RIG GEEN VERTOË OF GEE GEEN WAARBORGE DAT ENIGE DERDEPARTY-BETAALMETODES OP DIE WEBWERF TRANSAKSIES VIA PAXFUL SE DIENS TOELAAT NIE, OF DAT ENIGE DERDEPARTY-BETAALMETODES OP ONS WEBWERF ONS DIENSTE STEUN OF DAARDEUR GESTEUN WORD NIE. JY BEHOORT NIE SODANIGE DERDEPARTY-BETAALMETODES MET PAXFUL TE GEBRUIK AS SODANIGE DERDE PARTY DIT NIE TOELAAT NIE
      4. JY IS TEN VOLLE DAARVOOR VERANTWOORDELIK OM TE VOLDOEN AAN ALLE WETTE EN REGULASIES VIR REGSGEBIED(E) WAARIN JOU TRANSAKSIE PLAASVIND.
      5. Alle transaksies moet binne Paxful plaasvind. Dit word streng verbied om transaksies na buite die Paxful-platform te neem of om eksterne kontakinligting uit te ruil.
    4. Oordraglimiete. Ons sal moontlik, geheel na ons eie goeddunke, limiete of beperkings plaas op die grootte, tipe of wyse van enige voorgestelde oordragtransaksies, soos ’n limiet op die totale bedrag digitale bates wat te koop geplaas word.
    5. Geen waarborg nie. Paxful waarborg nie dat jy digitale bates op die mark sal kan verkoop nie. Die feit dat jy digitale bates via Paxful se mark kan koop of verkoop waarborg nie dat jy teen ’n later tydstip digitale bates via die mark sal kan koop of verkoop nie.
    6. Verhouding. Niks in hierdie ooreenkoms is bedoel om enige vennootskap, gesamentlike onderneming, agentskap, konsultantskap of trusteeskap te skep nie. Die verhouding tussen jou en Paxful is dié van onafhanklike kontrakteurs.
    7. Akkuraatheid van inligting. Jy beweer en gee die versekering dat enige inligting wat jy via die dienste verskaf, akkuraat en volledig is. Jy aanvaar en erken dat Paxful nie verantwoordelik is vir enige foute of weglatings wat jy maak oor enige transaksie wat via die dienste geïnisieer word nie, byvoorbeeld as jy ’n beursie-adres verkeerd intik of andersins verkeerde inligting verskaf. Ons beveel sterk aan dat jy jou transaksie-inligting noukeurig nagaan voordat jy dit via die dienste voltooi.
    8. Geen kansellasies of wysigings nie; beursie-aktiwiteite. Sodra transaksie-inligting via die dienste by die digitale geldeenheid se netwerk ingedien is, kan Paxful jou nie bystaan om jou transaksie te kanselleer of andersins te wysig nie. Paxful het geen beheer oor enige digitale geldeenheid se netwerk nie en het nie die vermoë om enige kansellasie- of wysigingversoeke te fasiliteer nie. Paxful stoor of bewaar geen geslote digitale bates nie. Rekords van digitale bates word altyd op die onderskeidelike netwerke of blokkettings gehou. Alle transaksies met digitale bates vind op die digitale geldeenheid se netwerk plaas, nie op Paxful nie. Daar is geen waarborge dat die transaksie op die digitale geldeenheid se netwerk verwerk sal word nie. Paxful behou die reg voor om te weier dat enige transaksie verwerk word as dit deur die wet vereis word of as ons meen dat die transaksies ons bepalings en voorwaardes in hierdie ooreenkoms oortree. Jy aanvaar en erken hiermee dat jy volle verantwoordelikheid neem vir alle aktiwiteite wat in jou beursie plaasvind en jy aanvaar alle risiko’s van enige gemagtigde of ongemagtigde toegang tot jou beursie, in die maksimum mate deur die wet toegelaat.
    9. Belasting. Dit is jou verantwoordelikheid om te bepaal watter, indien enige, belasting van toepassing is op die transaksies waarvoor jy transaksie-inligting via die dienste ingedien het en dit is jou verantwoordelikheid om die korrekte belasting aan die toepaslike belastingowerheid te rapporteer en te betaal. Jy stem in dat Paxful nie verantwoordelik is daarvoor om te bepaal of belasting van toepassing is op jou transaksies met digitale geldeenhede nie, of vir die insameling, rapportering, terughouding of betaling van enige belasting wat uit enige transaksies met digitale geldeenhede mag voortspruit nie.
    10. Gebruikerreputasie. Wanneer jy by ’n transaksie betrokke raak, laat ons ander gebruikers toe om terugvoer te gee oor hulle interaksie met jou. Ons laat gebruikers ook toe om rapporterings in te dien as die gebruikers meen dat jy hierdie ooreenkoms op enige wyse oortree het. Hierdie verslae is vertroulik, maar ons kan dit moontlik in verband met ’n dispuut gebruik, soos in afdeling 8 beskryf.
    11. Transaksiegeskiedenis. Jy kan jou transaksiegeskiedenis deur jou rekening bekyk. Jy stem in dat wanneer die dienste nie sodanige bevestiging kan gee nie, dit nie die bepalings van sodanige transaksie sal benadeel of ongeldig maak nie.
    12. Paxful Pay – Paxful het sekere handelaarskappe gemagtig om Paxful as ’n betaalmetode vir die aankoop van goedere en dienste aanlyn te aanvaar (die “gemagtigde handelaarskappe”). Jy kan ’n gemagtigde handelaarskap betaal deur die Paxful Pay-opsie by die betaalpunt of tydens betaling te kies. Paxful Pay sal jou na ons mark deurstuur vir toegang tot die digitale bates wat in jou beursie beskikbaar is, of jou aan ’n verkoper koppel. As jy digitale bates van ’n koper koop om die transaksie te voltooi, sal die bepalings wat in afdeling 7.1 van hierdie ooreenkoms uiteengesit is, van toepassing wees.
    13. Handelaarskapgoedere. Paxful is nie verantwoordelik vir enige goedere of dienste wat jy moontlik van ’n gemagtigde handelaarskap koop deur middel van jou rekening of die Paxful Pay-produk nie. As jy ’n dispuut met enige gemagtigde handelaarskap het, moet jy die dispuut direk met daardie gemagtigde handelaarskap oplos.
    14. Terugsendings, terugbetalings. Wanneer jy met jou rekening goedere of dienste koop van ’n derde party, is dit finaal. Ons verwerk geen terugbetalings of terugsendings nie. ’n Gemagtigde handelaarskap kan moontlik vir jou ’n terugsending, winkelkrediet of ’n geskenkkaart geheel na hul eie goeddunke bied, en as dit met hul beleid ooreenstem.
    15. Paxful hef diensgeld vir dienste; toepaslike diensgeld sal vertoon word voordat jy enige diens gebruik waar diensgeld van toepassing is. Lees “Paxful-diensgeld” vir meer inligting. Ons diensgeld is onderhewig aan verandering en Paxful behou die reg voor om die beprysing en diensgeld te eniger tyd aan te pas.
  8. DISPUTEER TRANSAKSIES VIA PAXFUL SE DISPUUTOPLOSSINGPROSES

    1. Disputeer transaksies. In die meeste gevalle is die maklikste manier om ’n dispuut op te los dat kopers en verkopers met mekaar kommunikeer, saamwerk om uit te vind wat gebeur het en saam ’n oplossing kry wat almal welgeval. Wanneer ’n koper en ’n verkoper nie ’n gepaste oplossing kan vind nie, kan Paxful se steundiens (“Paxful-steundiens”) help. Enige party kan die dispuutoplossingproses omtrent ’n transaksie inisieer (“gedisputeerde transaksie” of “dispuut”). Dispute kan slegs geïnisieer word op transaksies wat die koper as ten volle betaal gemerk het. Transaksies wat nie deur die koper as ten volle betaal gemerk is nie, deur die koper gekanselleer is, outomaties gekanselleer is weens verstryking van die tydraamwerk in die aanbod uiteengesit, alreeds gedisputeer en opgelos is of waar die verkoper die digitale bates reeds aan die koper vrygestel het, kan oor die algemeen nie gedisputeer, omgekeer of gewysig word nie.
    2. Dispuutoplossingproses. Hier onder is die stappe wat Paxful se steundiens doen in die geval van ’n dispuut.

      1. Inisiasie

        Jy kan ’n dispuut inisieer deur by jou Paxful-rekening aan te meld, die transaksie waaroor jy ’n dispuut wil verklaar, oop te maak en die “dispuut”-knoppie te kies. Die “dispuut”-knoppie sal slegs as aktief verskyn as die koper die transaksie as ten volle betaal gemerk het. Sodra jy ’n dispuut inisieer, sal jy die tipe dispuut uit die opsies wat aangebied word, kies en die saak wat aanleiding gegee het tot jou dispuut, beskryf.

        Die opsies wat aangebied word vir jou om jou dispuut te beskryf as jy ’n verkoper is, is as volg:

        • Kriptogeldsluiter (d.i. ’n koper wat nie reageer nie) – die koper het die transaksie as ten volle betaal gemerk, maar reageer nie en is onaktief.
        • Betalingprobleem – die koper is aktief en het probeer om te betaal, maar daar is probleme met die betaling.
        • Ander – ’n oop opsie waar jy die probleem kan beskryf wat aanleiding gegee het tot die dispuut. Die koper sal jou beskrywing kan bekyk.

        Die opsies wat aangebied word vir jou om jou dispuut te beskryf as jy ’n koper is, is as volg:

        • Verkoper reageer nie – jy het betaal, maar die verkoper reageer nie en is onaktief.
        • Betalingprobleem – jy het betaal, maar die verkoper beweer dat daar probleme met die betaling is en weier om die digitale bates vry te stel.
        • Ander – ’n oop opsie waar jy die probleem kan beskryf wat aanleiding gegee het tot die dispuut. Die verkoper sal jou beskrywing kan bekyk.
      2. Berig

        Sodra ’n dispuut ingedien is, sal Paxful-steundiens die ander party per e-pos in kennis stel en ’n boodskap via die verhandelinggesprek wat aan kopers en verkopers in die mark beskikbaar is, stuur om sodanige party in te lig dat ’n dispuut geïnisieer is. As daar ’n dispuut op een van jou transaksies verklaar is, sal Paxful-steundiens jou laat weet watter transaksie dit is en waarom die transaksie gedisputeer word.

      3. Antwoord

        Bekyk die dispuut en gee vir Paxful-steundiens ’n verduideliking van wat gebeur het. Sluit enige bewyse wat jy het om jou verduideliking te steun, in, soos betaalbewys, bewys van eienaarskap of bewys dat jy die betaling ontvang het of nie ontvang het nie.

      4. Paxful-hersiening

        Gedisputeerde transaksies sal deur Paxful-steundiens ondersoek word en ’n besluit sal gemaak word op grond van bewyse wat deur beide partye voorsien is. Paxful-steundiens los dispute op deur verskeie faktore te evalueer, soos beskryf in afdeling 8.

    3. Dispuutnagaan. Tydens ’n dispuutnagaan sal Paxful-steundiens moontlik vir jou instruksies gee wat jy moet volg. Die instruksies wat jy gegee sal word, kan vereis dat jy bykomende bewyse verskaf, soos bykomende ID-verifiëring, betaalbewys, enige foto-, oudio- of video-bewys of enige ander dokumente wat Paxful as relevant ag. Daar sal moontlik van jou verwag word om sodanige bewyse binne ’n gespesifiseerde tydperk in te dien. As jy die instruksies nie volg nie, kan die dispuut moontlik tot jou nadeel opgelos word. Paxful-steundiens sal tipies binne 30 dae nadat die dispuut ontvang is, via die verhandelinggesprek in die mark kennis gee van die besluit, maar onder sommige omstandighede kan dit moontlik langer neem.
    4. Reageer nie. Wanneer jy by ’n transaksie betrokke is, is dit belangrik dat jy aktief en beskikbaar bly vanaf die tyd wat die transaksie begin is, tot wanneer die transaksie voltooi, gekanselleer of opgelos is. Dit beteken dat jy in ’n gedisputeerde transaksie binne die tydperk wat Paxful-steundiens gespesifiseer het, ’n antwoord moet kan gee op versoek van Paxful-steundiens, anders sal jy as niereagerend beskou word en die dispuut sal moontlik tot jou nadeel opgelos word.
    5. Terugdebiterings. ’n Party sal moontlik bykomende risiko’s loop, afhangend van die betaalmetode wat vir die transaksie gebruik word, selfs al word Paxful se dispuutoplossingproses in die guns van sodanige party beklink. Die dispuutoplossingproses wat in hierdie ooreenkoms uiteengesit is, staan los van enige ander redmiddels wat ’n koper of verkoper moontlik kan hê deur die betaalmetode wat oor ’n transaksie gebruik is. Paxful is nie verplig om terugdebiterings te inisieer of te hanteer nie en is nie aanspreeklik daarvoor as ’n party ’n transaksie omkeer, terugdebiteer of andersins disputeer via ’n metode wat deur die betaalmetode wat in die transaksie gebruik is, aan die party beskikbaar gemaak is nie, insluitend nadat ’n dispuut gesluit is.
    6. Dispuutoplossing. ’n Gedisputeerde transaksie word gewoonlik opgelos deurdat Paxful-steundiens die digitale bates waaroor die dispuut gaan, na die koper of die verkoper van die gedisputeerde transaksie skuif sodra die dispuutoplossingproses voltooi is.

      Hier onder is voorbeelde om jou in te lig oor hoe Paxful moontlik ’n gedisputeerde transaksie sal oplos. Dit is nie ’n omvattende lys nie. Om enige dispuut op te los, sal deur die spesifieke feite van die dispuut en die bewyse wat die gebruikers verskaf, beïnvloed word.

      Paxful-steundiens sal ’n dispuut moontlik in die koper se guns oplos wanneer aan ten minste een van die volgende kriteria voldoen is:

      • Die koper het volgens die aanvanklike instruksies wat die verkoper ingevolge die transaksie-aanbod gegee het, betaal en die koper het voldoende bewys gelewer dat die betaling volgens hierdie instruksies gedoen is. Dit is ’n oortreding van hierdie ooreenkoms as die verkoper weier om ’n transaksie te voltooi wanneer die koper al die verkoper se bepalings en vereistes nagekom het soos dit geplaas is toe die koper die transaksie aanvaar en daarvoor betaal het.
      • Die verkoper reageer nie en het nie binne die tydraamwerk deur Paxful-steundiens versoek, bevredigend geantwoord nie.
      • Die betaling is aan ’n derde party in die transaksie gemaak of die betaling is aan ’n betalingrekening gemaak wat nie in die naam van die verkoper geregistreer is nie.

      Paxful-steundiens sal ’n dispuut moontlik in die verkoper se guns oplos wanneer aan een van die volgende kriteria voldoen is:

      • Die koper het nie betaal nie, het nie ten volle betaal nie of het nie betaal volgens die aanvanklike instruksies wat die verkoper ingevolge die transaksie-aanbod verskaf het nie.
      • Die betaling wat die koper gemaak het, is deur die betalingverskaffer of -verwerker gehou, opgeskort, gevries of gestop. Dit sluit situasies in waar die koper teruggedebiteer het of ’n betaling via hul bank of betalingkaart-uitreiker gedisputeer het.
      • Die koper reageer nie en het nie binne die tydraamwerk deur Paxful-steundiens versoek, bevredigend geantwoord nie.
      • Die betaling is deur ’n derde party in die transaksie gemaak of die betaling is van ’n betalingrekening gemaak wat nie in die naam van die koper geregistreer is nie.

      Indien die koper of die verkoper van ’n gedisputeerde transaksie bedrieglike inligting of bedrieglike dokumente verskaf of valse bewerings maak of andersins misleidende taktiek gebruik, kan die dispuut moontlik onmiddellik teen sodanige gebruiker opgelos word en sodanige gebruiker se rekening kan moontlik onmiddellik opgeskort of getermineer word, geheel na Paxful se eie goeddunke.

      In sommige situasies waar geeneen van die partye aan die kriteria voldoen nie, of as dit op ander maniere onduidelik is of nie moontlik is om te bepaal watter partye geheel na Paxful se eie goeddunke voldoen het aan die kriteria vir dispuutoplossing nie, sal Paxful moontlik besluit om die dispuut op te los deur die digitale bates in die dispuut gelykop of ongelyk tussen die koper en die verkoper te verdeel.

    7. Appèl. As jy meen dat Paxful ’n dispuut opgelos het op ’n manier wat nie ooreenstem met hierdie ooreenkoms nie, het jy die reg om ’n appèl te versoek. Om ’n appèl te versoek, moet jy ons onmiddellik skriftelik in kennis stel deur Paxful se kliëntesteundiens nie later as 10 kalenderdae nadat Paxful-steundiens se besluit aan jou gelewer is nie, te kontak met voldoende inligting en bewyse om jou saak vir die versoek te steun. Jou appèl moet spesifiek identifiseer hoe jy meen dat Paxful die dispuut volgens die bepalings van hierdie ooreenkoms verkeerd opgelos het en jy moet bewys van sodanige verkeerde besluit lewer.

      Ons herinner jou graag dat jy verplig is om ’n beleefde en hoflike toon teenoor ander gebruikers en Paxful-steundiens te handhaaf, hetsy tydens die dispuutproses of op enige stadium wanneer jy ons dienste oor die algemeen gebruik. Lees onder andere “Afdeling 13 – Verbode gebruik”.

    8. Finaliteit. Jy erken en stem in dat Paxful se besluit oor ’n dispuut onweerlegbaar, finaal en bindend is, soos in hierdie ooreenkoms beskryf. Paxful sal geen aanspreeklikheid oor sy besluite teenoor óf ’n koper óf ’n verkoper hê nie.
  9. DIENSGELD OM PAXFUL-DIENSTE TE GEBRUIK

    1. Dis gratis om ’n beursie te skep. Paxful hef diensgeld vir dienste; toepaslike diensgeld sal vertoon word voordat jy enige diens gebruik waar diensgeld van toepassing is. Lees “Paxful-diensgeld” vir meer inligting. Ons diensgeld is onderhewig aan verandering en Paxful behou die reg voor om die beprysing en diensgeld te eniger tyd aan te pas.
  10. GEEN REG OM DIENSTE TE KANSELLEER NIE OF MYNERSFOOIE

    1. As jy ’n diens gebruik waar ’n fooi van toepassing is, of jy inisieer via die dienste ’n transaksie met ’n mynersfooi, sal jy sodra jy bevestig het dat jy wil voortgaan met die diens of die transaksie nie kwalifiseer vir ’n terugbetaling nie.
  11. BEËINDIGING VAN DIENSTE

    1. Ons kan moontlik geheel na ons eie goeddunke en sonder kostes vir jou, met of sonder vooraf kennisgewing en te eniger tyd, enige gedeelte van ons dienste tydelik of permanent wysig of beëindig.
  12. OPSKORTING OF BEËINDIGING VAN DIENSTE EN REKENING; BEPERKTE TOEGANG TOT JOU BEURSIE

    1. Ons kan moontlik geheel na ons eie goeddunke die volgende onmiddellik en sonder vooraf kennisgewing doen: (a) jou toegang tot enige van of al die dienste (insluitend toegang tot jou beursie) opskort, beperk of beëindig, en/of (b) jou rekening deaktiveer of kanselleer, indien: (i) die toepaslike wet, ’n dagvaarding wat op sig geldig is, ’n hofbevel of ’n bindende bevel van ’n regeringsowerheid dit van ons vereis; (ii) ons redelikerwys vermoed dat jy hierdie ooreenkoms oortree het of dalk sal oortree; (iii) die gebruik van jou rekening onderhewig is aan enige hangende gedingvoering, ondersoek of regeringsprosedure en/of ons ’n verhoogde risiko vir regs- of regulatoriese nievoldoening oor jou rekeningaktiwiteit bespeur; (iv) ons diensvennote nie jou gebruik kan steun nie; (v) jy op enige manier optree wat ons beskou as dat dit ons beheermaatreëls en prosedures omseil; of (vi) ons dink dat dit nodig is om ons, ons gebruikers, insluitend jy, of ons werknemers teen gevaar of verlies te beskerm. Indien ons ons regte uitoefen om jou toegang tot die dienste te beperk of te weier, sal ons nie verantwoordelik wees vir enige gevolge van ons weiering om jou toegang tot die dienste te gee nie, insluitend enige vertraging, skade of ongerief wat jy gevolglik mag ly.
    2. Indien ons jou rekening opskort of sluit, of jou gebruik van die dienste om enige rede beëindig of toegang tot jou beursie beperk, sal ons poog om jou in kennis te stel van ons optrede tensy ’n hofbevel of ander regsprosedure ons verbied om jou sodanige kennis te gee. JY ERKEN DAT ONS BESLUIT OM SEKERE STAPPE TE DOEN, INSLUITEND OM TOEGANG TOT JOU REKENING OF BEURSIE TE BEPERK OF JOU REKENING OF BEURSIE OP TE SKORT OF TE SLUIT, MOONTLIK GEBASEER MAG WEES OP VERTROULIKE KRITERIA WAT NOODSAAKLIK IS VIR ONS RISIKOBESTUUR EN SEKURITEITPROTOKOLLE. JY STEM IN DAT PAXFUL GEEN VERPLIGTING HET OM DIE INLIGTING VAN ONS RISIKOBESTUUR EN SEKURITEITPROSEDURES AAN JOU BEKEND TE MAAK NIE. Indien ons jou rekening of toegang tot jou beursie opskort, sal ons, sodra die redes vir die opskorting nie meer bestaan nie, die opskorting so gou as moontlik verwyder. Ons is egter onder geen verpligting om jou te laat weet wanneer (indien ooit) sodanige opskorting verwyder sal word nie.
    3. As jy digitale bates in jou Paxful-beursie hou en daar was vir ’n sekere tydperk, soos deur die toepaslike wet voorgeskryf, geen aktiwiteit in jou rekening nie, sal daar moontlik van ons vereis word om sodanige oorblywende digitale bates in jou rekening ingevolge wette op prysgegewe en verbeurdverklaarde eiendom as onopgeëisde eiendom te rapporteer. As dit gebeur, sal ons redelike pogings aanwend om vir jou geskrewe kennis te gee. As jy nie binne sewe (7) werksdae vanaf ontvangs of soos andersins deur die wet vereis op sodanige kennisgewing reageer nie, sal daar moontlik van ons vereis word om enige sodanige digitale bates as onopgeëisde eiendom aan die toepaslike regsgebied te lewer. Ons behou die reg voor om ’n dormansiefooi of ander administratiewe kostes van sodanige onopgeëisde digitale bates af te trek, soos deur die toepaslike wet toegelaat.
    4. We reserve the right to reverse internally received Digital Assets to your Paxful Wallet back to the originating account if the owner of the originating account successfully demonstrates that the Digital Assets were transferred to your Paxful Wallet in error, and if there has been no activity in your account for a period of 24 months. If this occurs, we will use reasonable efforts to provide written notice to you. If you fail to respond to any such notice within 14 days, we may be required to reverse Digital Assets to the owner of the originating account.
  13. VERBODE GEBRUIK

    1. Wanneer jy toegang kry tot die dienste of dit gebruik, stem jy in dat jy die dienste ooreenkomstig die bepalings en voorwaardes in hierdie ooreenkoms (insluitend die privaatheidbeleid) sal gebruik, dat jy nie op enige manier onwettig sal optree nie en dat jy alleen verantwoordelik is vir jou gedrag terwyl jy ons dienste gebruik. Sonder om die algemeenheid van die voorgenoemde te beperk, stem jy in dat jy die volgende nie sal doen nie:
      1. ons dienste op enige manier gebruik wat daarmee kan inmeng dat ander gebruikers ons dienste ten volle kan gebruik of ander gebruikers se ervaring kan ontwrig, negatief beïnvloed of beperk, of wat die funksionering van ons dienste op enige manier kan beskadig, deaktiveer, oorlaai of verswak;
      2. betrokke raak by enige aktiwiteit wat enige wet, statuut, ordonnansie of regulasie, sanksieprogramme geadministreer in die lande waar ons sake doen of werksaam is, kan oortree of bystaan in die oortreding daarvan, of wat opbrengste uit enige onwettige aktiwiteit mag betrek; enige onwettige materiaal of inligting publiseer of versprei;
      3. inmeng met ’n ander gebruiker se toegang tot of gebruik van enige van ons dienste; die wettige regte (waaronder onder andere privaatheid-, publisiteit- en intellektuele regte) van ander gebruikers belaster, mishandel, afpers, teister, bekruip, bedreig of anders oortree of skend; haat, rasse-onverdraagsaamheid of gewelddade teen ander opstook, bedreig, fasiliteer, bevorder of aanmoedig; inligting omtrent ander gebruikers uit ons webwerf oes of andersins insamel;
      4. betrokke raak by enige aktiwiteit wat daarop gemik is om Paxful of ons gebruikers te bedrieg, belaster of enige ander skade te berokken; of enige valse, onakkurate of misleidende inligting aan Paxful of aan ’n ander gebruiker verskaf oor ons dienste of soos andersins verskaf of versoek ingevolge hierdie ooreenkoms;
      5. enige virus, trojaan, wurms, logikabomme of ander skadelike materiaal na die dienste bring; enige robot, spinnekop, kruiper, skraper of ander geoutomatiseerde manier of koppelvlak gebruik wat nie deur ons verskaf is vir toegang tot ons dienste of om data te onttrek nie; poog om enige inhoudfiltertegnieke wat ons gebruik, te omseil, of poog om toegang te kry tot enige diens of area van ons dienste waartoe jy nie gemagtigde toegang het nie; of enige plek in Paxful se mark enige advertensie of promosie plaas wat die koop of verkoop van digitale bates buite Paxful-dienste sal fasiliteer;
      6. sonder die toepaslike magtiging van die regtehouer betrokke raak by transaksies met items wat enige kopiereg, handelsmerk, publisiteit- of privaatheidreg of enige ander reg onder die wet of ander gelisensieerde materiaal skend of oortree; sonder ons vooraf geskrewe toestemming Paxful se intellektuele eiendom, naam of logo gebruik, insluitend die gebruik van Paxful se handels- of diensmerke, of dit gebruik op ’n manier wat Paxful of die Paxful-handelsmerk andersins benadeel; enige handeling wat ’n onware onderskrywing deur Paxful of affiliasie met Paxful impliseer; of sonder ons vooraf geskrewe toestemming enige derdepartytoepassings ontwikkel wat met ons dienste interaksie het; of
      7. enige derde party aanmoedig of oorreed om betrokke te raak by enige van die aktiwiteite wat in hierdie afdeling 13 verbied word.
  14. INTELLEKTUELE EIENDOMSREGTE

    1. Ons verleen aan jou beperkte, nie-eksklusiewe, nie-oordraagbare toestemming, onderhewig aan die bepalings en voorwaardes van hierdie ooreenkoms, vir toegang tot en gebruik van die dienste, webwerf en verwante inhoud, materiale, inligting (gesamentlik die “inhoud”) alleenlik vir die doeleindes wat van tyd tot tyd deur Paxful goedgekeur word. Enige ander gebruik van die webwerf of inhoud word uitdruklik verbied en alle ander regte, aanspraak en belang in die dienste, webwerf of inhoud is die uitsluitlike eiendom van Paxful. Jy stem in dat jy nie sonder die vooraf geskrewe toestemming van Paxful enige deel van die inhoud, in geheel of gedeeltelik, sal kopieer, oordra, versprei, verkoop, lisensieer, teruggenieer, wysig of publiseer nie, of sal deelneem aan die verkoop of oordrag van die inhoud, of derivaatwerke van die inhoud sal skep, of enige deel van die inhoud op enige ander manier sal uitbuit nie. Jy mag nie enige van Paxful se handelsmerke, geregistreerde merke, logo’s of enige van ons intellektuele eiendom sonder Paxful se vooraf geskrewe toestemming kopieer, namaak of gebruik nie.
    2. Hoewel dit ons voorneme is om akkurate en tydige inligting op die Paxful-webwerf te voorsien, sal ons webwerf (waaronder onder andere die inhoud) moontlik nie altyd geheel en al akkuraat, volledig of opgedateer wees nie en kan dit moontlik tegniese onakkuraathede of tipografiese foute insluit. Terwyl ons poog om vir jou inligting te verskaf wat so volledig en akkuraat moontlik is, sal inligting moontlik van tyd tot tyd sonder kennisgewing verander of opgedateer word, waaronder onder andere inligting oor ons beleid, produkte en dienste. Daarom behoort jy alle inligting te verifieer voordat jy daarop staatmaak, en alle besluite op grond van inligting wat die Paxful-webwerf bevat, is jou verantwoordelikheid alleen en ons sal geen aanspreeklikheid hê vir sodanige besluite nie. Inligting wat deur derde partye verskaf word, is slegs vir inligtingdoeleindes, en Paxful rig geen vertoë of gee geen waarborge vir die akkuraatheid daarvan nie. Skakels na derdepartymateriale (waaronder onder andere webwerwe) sal moontlik geriefshalwe verskaf word, maar word nie deur ons beheer nie. Jy erken en stem in dat ons nie verantwoordelik is vir enige aspek van die inligting, inhoud of dienste in enige derdepartymateriale of op enige derdeparty-werwe wat toeganklik is deur of aan die Paxful-webwerf gekoppel is nie.
  15. TERUGVOER EN GEBRUIKERINDIENINGS

    1. Paxful streef altyd daarna om die dienste en webwerf te verbeter. As jy enige idees of voorstelle het oor verbeterings aan of toevoegings tot Paxful se dienste of die webwerf, sal Paxful graag daarvan hoor; enige indiening sal egter onderworpe wees aan die bepalings en voorwaardes in hierdie ooreenkoms.
    2. Enige bekendmaking van enige idees of terugvoer, of enige verwante materiaal aan Paxful of enige van sy filiale, moedermaatskappye of geaffilieerde maatskappye, of enige van hul beamptes, direkteurs, bestuurders, lede, aandeelhouers, werknemers en agente, of enige van hulle erfgename, opvolgers, verteenwoordigers en toegewesenes (elk ’n “Paxful-party” en gesamentlik die “Paxful-partye”) sal onder geen omstandighede onderhewig wees aan enige verpligting van vertroulikheid of verwagting van vergoeding nie.
    3. Deur ’n idee of terugvoer of enige verwante materiaal wat aan regte op intellektuele eiendom onderworpe mag wees (die “werk”) by Paxful of enige Paxful-party in te dien, verleen jy ten opsigte van die ingediende werk aan Paxful nie-eksklusiewe, altyddurende, wêreldwye tantième-vrye toestemming om al die inhoud van sodanige idees en terugvoer vir enige denkbare doel te gebruik. Verder doen jy tot die volle omvang wat deur wette in die VSA toegelaat word, afstand van enige morele regte wat jy moontlik in die werk mag hê en jy beweer en waarborg aan sodanige Paxful-party dat die werk geheel oorspronklik is deur jou, dat niemand anders enige regte in die werk het nie en dat alle Paxful-partye vry is van enige tantième om die werk te implementeer en om die verwante materiaal te gebruik indien so verkies, soos voorsien of soos gewysig deur enige Paxful-party, sonder om toestemming van enige derde party te verkry.
    4. Jy aanvaar verder dat Paxful aan enige van die Paxful-partye toestemming mag gee om enige werk en materiaal wat jy ingedien het, op enige wyse te gebruik.
    5. Ons het die reg om enige plasing wat jy moontlik op die webwerf mag doen, sonder waarskuwing of redes na ons absolute eie goeddunke te verwyder.
  16. HOE OM ONS TE KONTAK

    Ons beveel aan dat jy ons Kwelvrae-bladsy besoek voordat jy ons kontak. Indien die Kwelvrae-bladsy nie die inligting bevat waarvoor jy soek nie, bied Paxful 24/7-steundiens aan. Jy kan ons via ons steundiens-legstuk op die Kwelvrae-bladsy kontak.

  17. FORCE MAJEURE

    1. Ons sal nie aanspreeklik wees vir vertragings, werkingfoute of diensonderbreking wat direk of indirek mag spruit uit enige oorsaak of toestand buite ons redelike beheer nie, waaronder onder andere beduidende mark-onbestendigheid, enige vertraging of fout weens enige natuurramp, dade van siviele of militêre owerhede, terroristedade, burgerlike oproer, oorlog, staking of ander arbeiddispuut, vuur, onderbreking van telekommunikasie- of internetdienste of netwerkverskafferdienste, toerusting- en of sagtewarefoute, ander katastrofes of enige ander gebeurtenis wat buite ons redelike beheer is nie en dit sal nie die geldigheid en afdwingbaarheid van enige oorblywende voorwaardes affekteer nie.
  18. AARD VAN OOREENKOMS

    1. Hierdie ooreenkoms vorm die volledige ooreenkoms tussen jou en Paxful oor die inhoud van die bepalings en voorwaardes in hierdie ooreenkoms en hierdie ooreenkoms kanselleer en vervang enige voorafgaande verstandhoudings en ooreenkomste tussen jou en Paxful oor daardie inhoud. Jy mag nie enige van jou regte of verpligtings in hierdie ooreenkoms afstaan sonder ons vooraf geskrewe toestemming nie.