Wag asseblief terwyl ons die beste aanbiedinge vir jou vind.

Sell to

Get paid with

Price per Ethereum

Hoe om Ethereum op Paxful te verkoop

Paxful maak dit vir beide beginners en kenners maklik om finansiële vryheid te bekom. En omdat ons ’n persoon-tot-persoon-mark is, kan jy Ethereum (ETH) direk aan miljoene gebruikers regoor die wêreld verkoop sonder die tussenkoms van bankinstansies of -korporasies!

Hier’s wat jy moet doen:

Voordat jy Ethereum kan begin verkoop, moet jy eers jou Paxful-rekening skep en verifieer, of by jou bestaande een aanmeld. Sodra jy aangemeld het, volg net hierdie stappe:

  1. Stel jou bepalings – Bepaal die maksimum bedrag ETH wat jy wil verkoop en kies jou voorkeur-betaalmetode. Jy kan ook jou voorkeur-geldeenheid stel, asook jou ligging, as jy wil.
  2. Soek vir aanbiedinge – Sodra jy jou bepalings gestel het, klik op Soek vir aanbiedinge om ’n reeks toepaslike aanbiedinge te sien om uit te kies.
  3. Lees die aanbod – Moenie vergeet om al die belangrike inligting van jou koper, insluitend hul verifiëringvlak, aantal suksesvolle verhandelings en terugvoer van ander gebruikers, te ondersoek voordat jy voortgaan nie.
  4. Begin die verhandeling – As jy ’n koper van goeie naam vind, klik op Verkoop om die bepalings en voorwaardes wat deur die koper gestel is, te lees. Indien jy instem, voer die ETH-bedrag in waarvoor jy wil verhandel, en klik op Verkoop nou. Dit bring jou dan na ’n lewende verhandelinggesprek en dra jou ETH tydelik na ons beveiligde fondsbewaring oor.
  5. Voltooi die verhandeling: Sodra jy die betaling ontvang en die koper hul kant van die verhandeling afhandel, kan jy die ETH uit fondsbewaring na hul beursie vrystel. Jy sal ook die publieke transaksiebewys kan aflaai indien jy ’n rekord van die transaksie wil hou.
  6. Gee terugvoer – Moenie vergeet om vir ons ná ’n suksesvolle transaksie van jou ervaring met jou medeverhandelaar te vertel nie.

Lees ons Kennisbasis om meer uit te vind oor hoe jy ETH in ’n kits kan verkoop. Jy mag ook ’n aanbod skep as jy jou eie bepalings of verhandelinginstruksies wil stel. Moenie huiwer om ons steundiensspan te kontak as jy enige vrae het nie. Lekker verhandel!