Wag asseblief terwyl ons die beste aanbiedinge vir jou vind.

Buy from

Betaal met

Price per Bitcoin

Hoe om Bitcoin te koop op Paxful

Koop Bitcoin (BTC) teen die laagste moontlike prys ongeag waar jy is. Paxful werk op die beginsel van persoon-tot-persoon finansiering wat jou in staat stel om BTC te koop vir so min as 10 USD. Jy kan direk van mense soos jy koop — sonder banke of korporasies.

Die beste deel? Geen fooie wanneer jy Bitcoin op Paxful koop nie. Dit beteken dat jy meer kriptogeld kry vir jou geld. Te danke aan amper 400 beskikbare betaalmetodes op die platvorm, kan jy jou kontant in Bitcoin verander met aanlyn beursies of bankoorplasings. Jy kan ook ander kriptogeldeenhede met mekaar verruil soos Ethereum vir Bitcoin of selfs geskenkkaarte verkoop om gedeeltes van BTC terug te kry.

Paxful word beskerm deur 'n kluis-vlak sekuriteit en word in die Verenigde State as 'n Gelddiens besigheid gereguleer. Die mark word streng deur ons weermag van ontleders gemonitor en gebruikers is geverifieer om 'n veilige verhandelingsomgewing te verseker. Met al die veiligheidsmaatreëls in plek kan jy rustig wees en weet dat jou inligting en kriptogeld veilig by ons is.

Hier's hoe jy kan begin om Bitcoin op Paxful te koop:

  1. Doen aansoek vir 'n Paxful-rekening - Skep en verifieer jou rekening om jou gratis Bitcoin-beursie met 2FA sekuriteit te kry. Om jou rekening op te stel is maklik en kan binne minute gedoen word. Al wat jy nodig het is 'n e-posadres, foonnommer en ID om te begin.
  2. Vind 'n verkoper – Klik Koop uit die hoof kieslys en kies Koop Bitcoin. Stel die hoeveelheid wat jy wil spandeer, jou verkiesde geldeenheid en jou betaalmetode langs die kant om plaaslike en internasionale verkopers te vind wat aan jou vereistes voldoen.
    Ons beveel filtrering aan vir al die Gebruikerstipes (Ambassadeur, Venoot, ens.) om die mees betroubare verkopers te wys wat 'n bykomende laag van sekuriteit kontroles van Paxful ondergaan het.
  3. Lees die vereistes – Klik op die Koopknoppie om die verkoper se terme te sien. Afhangend van die betaalmetode kan verkopers vir jou vra om 'n skermskoot van die fondse in jou aanlyn beursie te verskaf, of 'n foto van die bank depositostrokie, of 'n kopie van die kwitansie van die geskenkkaart wat jy gekoop het. Sommige verkopers mag jou ook vra om 'n selfie te stuur waar jy 'n geldige ID vashou vir bykomende sekuriteitsdoeleindes.
  4. Begin die verhandeling – As jy die verkoper se terme kan nakom, stel die hoeveelheid Bitcoin wat jy wil koop en klik danKoop nou om met die verhandeling te begin. Dit sal 'n lewendige gesprek oopmaak met die verkoper waar jy bykomende instruksies sal ontvang oor hoe om die verhandeling te voltooi. Die lewendige gesprek neem alle boodskappe op en sal jou beskerm indien jy enige probleme ondervind, so moet asseblief nie buite Paxful kommunikeer nie.
  5. Stuur betaling en ontvang jou BTC – Sodra al die vereistes aan voldoen is en die verkoper die groenlig gee, plaas die betaling oor en klik Betaal onmiddelik. Op hierdie stadium is die verkoper se BTC in fondsbewaring opgesluit om te voorkom dat jou medeverhandelaar jou betaling aanvaar en nie jou kriptogeld vrystel nie. So gou as wat die verkoper jou betaling bevestig, sal die Bitcoin vanuit fondsbewaring vrygestel word en na jou Paxful-beursie oorgeplaas word.

Al wat oorbly is om vir die verkoper 'n resensie van jou ervaring te gee en dis dit! Vir meer inligting kan jy ook na ons gedetailleerde videogids kyk oor hoe om Bitcoin op Paxful te koop.

Indien jy enige vrae het, klik asseblief op die klets-ikoon in die regterkanste hoek aan die onderkant van die bladsy om ons steundiens te kontak. Ons is 24/7 hier vir jou — selfs op vakansiedae!

Om Bitcoin op Paxful te koop is veilig en maklik, maar moenie ons woord daarvoor vat nie —lees resensies van talle Paxful-gebruikers regoor die wêreld.