The Affiliate Program has been temporarily paused as we make changes to create a fair and sustainable program for the Paxful community. Learn more here.

Paxful-affiliaat

Word betaal as jy mense na Paxful bring

Ons Bitcoin-affiliaatprogram help jou om finansiële vryheid aan jou gemeenskap te bring. En as ’n bonus kry jy ook ’n vaste inkomste.

Bring mense na Paxful

Inkomste in ’n kits met elke verhandeling

Elke keer wat die mense wat jy aan Paxful voorstel en die mense wat hulle nooi, Bitcoin koop, maak jy geld.

Inkomste uit elke verhandeling

Elke keer wat die mense wat jy aan Paxful voorstel en die mense wat hulle nooi, Bitcoin koop, maak jy geld.

Verdien 50% fondsbewaringfooi Verdien 50% fondsbewaringfooi

Wanneer die mense wat jy nooi, Bitcoin op Paxful koop.

Verdien 10% fondsbewaringfooi Verdien 10% fondsbewaringfooi

Wanneer mense wat deur jou vriende genooi is, Bitcoin op Paxful koop.

Waarom sou jy ’n affiliaat moet word?

Ons Bitcoin-affiliaatprogram is ’n wonderlike manier om die boodskap van kriptogeld in jou gemeenskap bekend te maak.

BTC-beursie
Verdien Bitcoin Verdien Bitcoin

Elke keer wat een van jou affiliate Bitcoin koop, kry jy 50% van die fondsbewaringfooi.

Groeiende netwerk
Laat jou netwerk groei Laat jou netwerk groei

Elke keer wat iemand uit jou uitgebreide netwerk Bitcoin koop, kry jy 10% van die fondsbewaringfooi.

Onttrek as kontant
Onttrek op enige tydstip as kontant Onttrek op enige tydstip as kontant

Sodra jy ten minste 10 USD se Bitcoin verdien het, kan jy die verdienste in jou Paxful-beursie te eniger tyd as kontant onttrek.

Word ’n affiliaat

Hoe werk dit?

Dis eintlik heel eenvoudig: word ’n Bitcoin-affiliaat in drie vinnige stappe.

Word ’n affiliaat
Nooi enigiemand uit Nooi enigiemand uit

Deel jou affiliaatkode of -skakel op sosiale media, kriptoforums of -gemeenskappe. Jou unieke kode of skakel is beskikbaar op jou Affiliaat-paneel (web) of Affiliaat-oortjie (mobiele toestel).

Word ’n affiliaat
Laat hulle verhandel Laat hulle verhandel

Vertel vir jou affiliate oor kriptogeld en hoe om op Paxful te verhandel. Elke keer wat hulle Bitcoin koop, kry jy 50% van hul fondsbewaringfooi. En elke keer wat een van húl affiliate Bitcoin op Paxful koop, kry jy 10% van die fondsbewaringfooi.

Word ’n affiliaat
Word betaal Word betaal

Volg jou affiliate se aktiwiteit op jou Affiliaat-paneel en kyk hoe jou verdienste outomaties opbou. Sodra jou verdienste ten minste 10 USD is, kan jy dit na jou Paxful-beursie as kontant onttrek.

Kry jou aan die gang
Klink lekker, nè? Klink lekker, nè? Kom ons kry jou aan die gang!

Skep jou gratis rekening op Paxful en begin mense nooi.

Affiliaat-kwelvrae

Jy het moontlik ’n paar vrae op die hart. Hier onder beantwoord ons ’n paar van die mees algemene vrae.

Wat is Paxful?
Paxful is ’n persoon-tot-persoon-mark waarop jy kriptogeld kan koop en verkoop met behulp van enige van meer as 300 betaalmetodes. Dis soos eBay, maar vir geld – en heeltemal sonder limiete. Ons het meer as 4,8 miljoen gebruikers van reg oor die wêreld. Alle verhandelings op Paxful word deur ons fondsbewaringdiens beveilig, wat beteken dat jy veilig kan verhandel in die wete dat jou fondse beskerm is.
Waar kan ek my affiliaatverdienste bekyk?
Jy kan jou verdienste op beide jou Affiliaat- en Verskaffer-panele bekyk.
Kan ek gepasmaakte affiliaatskakels skep vir navolgdoeleindes?
Ja. Op jou Affiliaat-paneel kan jy unieke navolg-skakels op die “Volg ID”-afdeling skep wat jy met jou kriptogeldverwysers kan deel.
Wat word nie toegelaat nie?
Om seker te maak dat ons almal weet wat toegelaat word en wat nie, het ons hier onder ’n paar handelinge gelys wat jy as affiliaat moet vermy.

  • Skep jy verskeie rekeninge? Op Paxful mag jy net een rekening hê.
  • Deurstuur (aanstuur) vanaf jou webwerf na die Paxful-webwerf.
  • Oneerlike optrede om affiliate te wen.
  • Koop reklame vir handelsmerknavrae, soos: Paxful, paxful.com of enige ander derivate - insluitend weergawes met spelfoute.
  • Gebruik handelsmerknavrae van ander mededingende maatskappye om die Paxful-handelsmerk te adverteer - ook om Paxful met ander handelsmerke te vergelyk en hulle in 'n slegte lig te stel.
  • Publiseer vals inligting om meer kliënte te lok of om kliënte op enige wyse te mislei.
  • Hef 'n fooi bo en behalwe jou affiliaatinkomste op Paxful.
Wil jy graag meer weet? Kyk na ons Affiliaatprogram se diensbepalings.
Wat is die Paxful-affiliaatprogram en hoe werk dit?
Die Paxful-affiliaatprogram is 'n opwindende geleentheid vir jou om beloon te word as jy Paxful met almal in jou sirkels deel. Dis eintlik heel eenvoudig—jy bring mense na Paxful en elke keer wat hulle kripto op Paxful koop, verdien jy 'n deel van hul fondsbewaringfooi. Jy sal 50% van die fondsbewaringfooi* verdien vir die mense wat jy na Paxful bring, en 10% van die fondsbewaringfooi* vir mense wat hulle weer na Paxful bring. En dit is nie net een keer nie, maar elke keer wat hulle kripto op Paxful koop. Jy kan jou verwysernetwerk vir kriptogeld maklik bou wanneer jy prominensie gee aan jou Paxful-affiliaatskakel in die inhoud wat jy genereer, dit op sosiale media deel of dit op jou webwerf adverteer.
Wat is die kommissiestruktuur vir elke vlak van die program?
Elke keer wat een van jou affiliate of hulle affiliate 'n verhandeling suksesvol op Paxful voltooi, word jy betaal. Die bedrag wat jy sal ontvang, word bereken op grond van ons standaard fondsbewaringfooi, wat 1% is van die verhandelde bedrag, behalwe wanneer die fondsbewaringfooi minder as 1% is. As die fondsbewaringfooi laer as 1% is, word die affiliaatfooi bereken op grond van wat die huidige fondsbewaringfooi is. Die betaalstruktuur is as volg: Vlak 1: Jy ontvang 50% van die standaard fondsbewaringfooi wanneer die gebruiker kripto suksesvol koop. Vlak 2: Jy ontvang 10% van ons standaard fondsbewaringfooi wanneer die gebruiker kripto suksesvol koop.
Watter inhoud- en reklamebronne is die beste maniere om verkeer na my affiliaatskakel te lok?
Daar is baie verskillende bronne wat jou kan bevoordeel, insluitend jou blog, jou webwerf, Google Ads, Yandex Direct, Yahoo-/Microsoft-advertensies, mobiele reklamenetwerke, YouTube en ander groot vermaak- en finansiële platforms. Sosiale media is ook ’n wonderlike hulpmiddel om jou te help om Bitcoin vir verwysers te verdien. Dit is ’n goeie plan om volg-ID’s te gebruik vir al die verskillende promosies wat jy doen, sodat jy kan sien wat die beste vir jou werk en daaruit leer.
Hoe gereeld word die statistiek op my Affiliaat-paneel opgedateer?
Statistiek word feitlik intyds opgedateer op jou Affiliaat-paneel. Wat jy dus ook al op die paneel sien, behoort jou 'n goeie aanduiding te gee van die stand van sake op daardie tydstip.
Waarom doen party van my affiliate dosyne verhandelings, terwyl ander net geregistreer het sonder om 'n enkele verhandeling te doen?
Mense het verskillende behoeftes. Party sal dalk hul eerste Bitcoin-aankoop op Paxful wil doen en dit vir maande of selfs jare hou, terwyl ander die platform aanhou gebruik om meer te koop en verkoop. Die aktiwiteitvlak van jou affiliate kan dalk ook afhang van watter inhoud jy skep om hulle te verwys en wie jou teikengroep is.
Wanneer word ek betaal?
Jou verdienste deur jou kriptogeldverwysers word gewoonlik in jou affiliaatbeursie gekrediteer sodra jou affiliate die verhandeling voltooi. Sodra jy 10 USD se Bitcoin-affiliaatverdienste versamel het, kan jy dit te eniger tyd na jou Paxful-beursie skuif. Sodra jy 300 USD se Bitcoin verdien het, sal ons jou vra om identiteit- en adresverifiëring te voltooi. Goeie wenk: Jy kan jou Bitcoin-verdienste teen ’n bykomende wins op ons platform verkoop!
Waar kan ek my affiliaatskakel vind?
Jy kan jou affiliaatskakel op beide jou Verskaffer- en Affiliaat-panele vind.
Waar kan ek my gepasmaakte volg-ID’s bekyk?
In die nabye toekoms sal jy jou volg-ID’s direk op jou paneel kan bekyk. Kyk binnekort weer!
Watter lande is die beste om in te soek na verwysers?
Paxful is globaal en kan op feitlik enige plek met internettoegang gebruik word. Watter markte jy jou dus op wil rig, is geheel en al jou keuse—plaaslike, streeks-, nasionale of ander markte. Die meeste van ons gebruikers kom tans uit die VS, terwyl Afrika, Asië en Latyns-Amerika ons markte is wat die vinnigste groei.
Hoeveel vlakke is daar in die Paxful-affiliaatprogram en hoe werk hulle?
Jy verdien nie net Bitcoin vir verwysers deur jou direkte affiliate nie. Daar is twee vlakke in die Paxful-affiliaatprogram -- een direk en een indirek: Vlak 1: Dit is die affiliate wat direk deur jou skakel registreer. Vlak 2: Dit is die affiliate wat deur die skakels vanaf een van jou direkte affiliate registreer.
Indien my affiliaat met 'n ander affiliaat verhandel, kry ek steeds volle kommissie?
As twee van jou direkte affiliate met mekaar verhandel, kry jy 25% van die algehele inkomste op daardie verhandeling, in plaas van die gewone 50%.
Iemand vir wie ek Paxful aanbeveel het, het geregistreer sonder om my skakel te gebruik. Kan ek nog steeds kommissie kry?
Ongelukkig nie. Affiliaatinkomste is net moontlik vanaf gebruikers wat deur jou unieke affiliaatskakel registreer.
Ek het 'n bitcoin-verwante sosialemediakanaal en my volgers stel belang in die koop of verkoop van bitcoin. Behoort ek Paxful daarvoor aan te beveel?
Natuurlik! Paxful is een van die maklikste maniere in die wêreld vir enigiemand, op enige plek, om Bitcoin te koop en verkoop. Jou kriptogeldverwysers kan deur middel van jou affiliaatskakel registreer en binne oomblikke begin om Bitcoin te koop en verkoop! Elke keer wat hulle op Paxful koop, verdien jy affiliaatinkomste.