Wag asseblief terwyl ons die beste aanbiedinge vir jou vind.

Sell to

Get paid with

Price per Tether

Hoe om Tether op Paxful te verkoop

By Paxful help ons mense om finansiële vryheid te kry en hul eie baas te wees. Dit is waarom jy behalwe Bitcoin nou ook Tether (USDT) direk aan meer as drie miljoen gebruikers wêreldwyd kan verkoop. Met fondsbewaringgesteunde betalings, die vryheid om jou eie koerse te stel en meer as 300 betaalmetodes om uit te kies, maak ons mens-aangedrewe mark dit ongelooflik maklik vir almal om ’n wins te maak.

Om te begin, registreer op Paxful of meld by jou bestaande rekening aan en volg hierdie stappe:

  1. Stel jou voorkeur-betaalmetode en die geldeenheid waarin jy betaal wil word.
  2. Klik op Soek vir aanbiedinge om ’n lys aanbiedinge te sien wat voldoen aan die vereistes wat jy so pas ingevoer het.
  3. Wanneer jy aanbiedinge deurkyk, gee aandag aan elke detail. Dit sluit in die koper se reputasietelling, hul beskikbaarheid en voorgestelde koerse. As jy nie iets kan kry wat by jou behoefte pas nie, kan jy altyd jou eie aanbod skep om gebruikers te lok wat Tether met jou bepalings wil koop.
  4. Sodra jy ’n aanbod kry waarvan jy hou, klik op Verkoop. Dit sal die verhandeling nog nie begin nie, maar jy sal die koper se bepalings en voorwaardes kan sien.
  5. Indien jy met die bepalings instem, voer die bedrag in waarvoor jy wil verhandel, en klik op Verkoop nou. Dit sal die verhandeling begin en jou USDT na ons beveiligde fondsbewaring skuif.
  6. Lees die koper se instruksies aandagtig en voorsien die nodige inligting in die lewende gesprek. Sodra jy die betaling ontvang, kan jy die USDT uit ons fondsbewaring na die koper se beursie vrystel en ’n publieke transaksiebewys hou.
  7. Oorweeg dit altyd na die verhandeling om terugvoer oor die koper te plaas. Dit sal nie net vir hulle help om hul reputasie te bou nie, maar ook vir ander verhandelaars ’n idee gee van met wie hulle te doen het.

Om ’n kommervrye verhandel-ervaring te verseker, lees ons reëls vir die verkoop van Bitcoin en Tether. Jy kan ook ons gids om goeie aanbodbepalings te skep lees, sodat jy vir jou kopers onweerstaanbare aanbiedinge kan skep.

Hier by Paxful het ons streng maatreëls ingestel sodat jy enige tyd, enige plek veilig kan verhandel. Blaai deur duisende geldige aanbiedinge en begin vandag nog Tether verkoop!