Wag asseblief terwyl ons die beste aanbiedinge vir jou vind.

Sell to

Get paid with

Price per Bitcoin

Hoe om Bitcoin op Paxful te verkoop

Dis nou maklik om Bitcoin as ’n Paxful-verkoper te verkoop. Jy het die vryheid om jou eie koers te stel en ook die luukse van meer as 300 betaalopsies om in betaal te word vir die Bitcoin wat jy verkoop. Omdat Paxful ’n persoon-tot-persoon-mark is, kan jy jou Bitcoin direk aan meer as 3 miljoen gebruikers wêreldwyd verkoop. Ons platform maak dit vir beginners en veterane ewe maklik om wins te maak.

Om Bitcoin in ’n kits te verkoop, skep ’n Paxful-rekening of meld by jou bestaande een aan. Sodra jy aangemeld het, volg net hierdie stappe:

  1. Stel jou vereistes – Kies jou voorkeur-betaalmetode en die maksimum Bitcoin-bedrag wat jy bereid is om te verkoop. Jy mag ook jou ligging en jou voorkeur-geldeenheid aandui. Sodra jy klaar is, klik op Soek vir aanbiedinge. Jy sal ’n lys toepaslike aanbiedinge sien om uit te kies.
  2. Lees aanbiedinge – Voordat jy ’n aanbod kies, maak seker dat jy alle noodsaaklike inligting oor die koper lees, soos hul naam, reputasie, verifiëringvlak en koers per Bitcoin. Sodra jy ’n geskikte aanbod gevind het, klik op Verkoop. Dit sal nog nie ’n verhandeling oopmaak nie, maar sal jou lei deur die aanbodvereistes en -voorwaardes wat deur die verkoper gestel is.
  3. Begin die verhandeling – Indien jy tevrede is met die koper se vereistes, voer dan die bedrag in wat jy bereid is om te verhandel en klik op Verkoop nou. Dit sal ’n lewende verhandelinggesprek oopmaak en jou Bitcoin na ons beveiligde fondsbewaring skuif. Lees die instruksies wat voorsien word noukeurig, en volg dit. Sodra jou koper hul deel van die verhandeling voltooi het en jy die betaling ontvang, kan jy die Bitcoin vrystel. Jy kan ná die verhandeling ’n publieke transaksiebewys aflaai.
  4. Plaas terugvoer – Moenie vergeet om vir jou medeverhandelaar terugvoer te gee nadat jy jou Bitcoin suksesvol verkoop het nie. Dit is belangrik vir ons platform omdat dit help om gebruikers se reputasie te bou.

Vir meer inligting, kyk ons gedetailleerde videotutoriaal oor hoe om Bitcoin vinnig te verkoop. Jy kan ook ’n aanbod skep om Bitcoin te verkoop deur ons gids oor hoe om ’n aanbod op Paxful te skep te volg.

Paxful se persoon-tot-persoon-mark is maklik om te gebruik, beveilig deur fondsbewaring, en wêreldwyd toeganklik. Begin vandag verhandel!