Paxful, Inc. se privaatheidkennisgewing

Paxful, Inc. (ook na verwys as “Paxful”, “ons”) doen stappe om jou privaatheid te beskerm. In hierdie privaatheidkennisgewing (“kennisgewing”) beskryf ons die soorte persoonlike inligting wat ons moontlik van jou kan insamel oor jou gebruik van ons webwerwe. Dit sluit onder andere die volgende in: https://paxful.com/, die Paxful-beursie, ons aanlyn bitcoin-verhandelplatform, mobiele app, sosialemedia-bladsye of ander aanlyn eiendomme (gesamentlik die “webwerf”), of wanneer jy enige van die produkte, dienste, inhoud, kenmerke, tegnologieë of funksies gebruik wat ons bied (gesamentlik die “dienste”).

Hierdie kennisgewing is ontwerp om jou te help om inligting te verkry oor ons privaatheidpraktyke en om jou te help verstaan wat jou privaatheidkeuses is wanneer jy ons webwerf en dienste gebruik. Let wel: ons diensaanbiedinge kan wissel per streek.

Die Engelse weergawe van hierdie privaatheidkennisgewing sal vir alle doeleindes die oorspronklike, geldende instrument wees. Indien die Engelse weergawe van hierdie privaatheidkennisgewing teenstrydig is met enige daaropvolgende vertaling in enige ander taal, sal die Engelse weergawe geldend wees.

Persoonlike inligting wat ons insamel

Ons versamel inligting oor jou (“persoonlike data”) in verband met jou gebruik van die webwerf, ons dienste, of andersins in die konteks van ons verhouding met jou. Die tipes persoonlike data wat ons van jou kan verkry, kan die volgende insluit:

Biografiese data, insluitend:

  • Naam
  • E-posadres
  • Foonnommer
  • Land
  • Volledige adres
  • Geboortedatum

Paxful-rekeninginligting, insluitend:

  • Gebruikernaam
  • Gebruikerprofiel-inligting in die “Bio”-afdeling
  • Profielfoto
  • Datum aangesluit
  • Verstek geldeenheid
  • Tydsone
  • Verstek taal

Paxful-rekeningaktiwiteit, insluitend:

  • Verhandelinggesprek-boodskappe (wat moontlik finansiële inligting kan bevat indien jy dit aan verkopers verskaf)
  • Verhandelinggesprek-aanhegsels
  • Verhandeling-aktiwiteit
  • Transaksiegeskiedenis
  • Affiliaatnaam
  • Affiliaat-ID
  • Affiliaatskakel
  • Affiliaattransaksies
  • Aanbiedinge geskep
  • Aanbodvereistes
  • Verhandelinginstruksies
  • Rekeningberigte
  • Rekeningstatus

Data oor jou digitalebate-beursie, insluitend:

  • Private sleutels
  • Publieke sleutels
  • Beursiesaldo
  • Transaksies ontvang
  • Transaksies gestuur

Data ingesamel oor voldoening aan identifikasieplig (KYC), insluitend:

  • Staatsuitgereikte ID
  • Adresbewys
  • Foto’s, as jy besluit om dit aan ons te verskaf
  • Video, indien jy besluit om dit te verskaf

Toestel- en webwerfgebruikdata, insluitend:

  • IP-adresse
  • Koekie-ID en/of ander toestel-identifiseerders
  • Inligting oor jou toegang tot die webwerf, bv. toestel-eienskappe, datum en tyd
  • Taalvoorkeure
  • Inligting oor handelinge tydens gebruik van die webwerf

Mobile application usage data, including:

  • Session data: IP address, version of the operating system, brand and model of the device, unique identifiers of the device, browser used, information about the time the Application was accessed, name and parameters of the network connection.
  • Information about applications installed on the User’s device (metadata from applications): application name, application identifier and version, device identifier and checksum. Detecting malicious apps and protecting users from fraud are the main reasons for collecting information about installed apps.
  • Information on actions taken while using the mobile application
  • Crash and application errors diagnostics data

Hoe ons jou data gebruik

Die besigheidsdoeleindes waarvoor ons jou persoonlike data insamel, gebruik, hou en deel kan moontlik die volgende insluit:

  • Om dienste te verskaf deur die webwerf se bedryf, insluitend om:
    • Jou rekening te registreer, skep en onderhou;
    • Jou identiteit en/of jou toegang tot ’n rekening te bekragtig of om verkopers te help om jou identiteit te verifieer;
    • Transaksies te inisieer, fasiliteer, verwerk en/of uit te voer;
    • Met jou te kommunikeer oor jou rekening of enige dienste wat jy gebruik;
    • Kredietwaardigheid, identifikasieplig of ander soortgelyke ondersoeke uit te voer;
    • Aansoeke te evalueer; of
    • Inligting te vergelyk vir doeleindes van akkuraatheid en verifiëring.
  • Om risiko te bestuur en jou, ander mense en die webwerf en dienste te beskerm.
  • Om ’n verpersoonlikte ervaring te bied en jou voorkeure te implementeer.
  • Om kliënte beter te verstaan, asook hoe hulle die webwerf en die dienste gebruik en daarmee omgaan.
  • Om aan jou te bemark.
  • Om verpersoonlikte dienste, aanbiedinge en promosies op ons webwerf en derdeparty-webwerwe te bied.
  • Om jou liggingspesifieke opsies, funksionaliteite en aanbiedinge te bied.
  • Om te voldoen aan ons beleid en verpligtinge, waaronder onder andere bekendmakings en response op enige versoeke van wetstoepassingsowerhede en/of reguleerders in ooreenstemming met enige toepaslike wet, reël, regulasie, regs- of regeringsbevel, regulatoriese owerheid of bevoegde regsgebied, blootleggingversoek of soortgelyke regsproses.
  • Om dispute by te lê, diensgeld in te vorder of probleme op te los.
  • Om vir jou kliëntediens te bied of andersins met jou te kommunikeer.
  • Om ons besigheid te bestuur.

Ons kan moontlik ook persoonlike data vir ander doeleindes verwerk indien jy toestemming gee, wanneer toepaslike wette dit vereis.

Bronne van waar ons persoonlike data insamel

Ons samel persoonlike data van ’n aantal bronne in, insluitend

  • Direk van jou: Ons samel persoonlike data direk van jou in wanneer jy ons webwerf of dienste gebruik, met ons kommunikeer of direk met ons in interaksie is.
  • Van diensverskaffers en/of dataverwerkers wat ons bystaan in die verskaffing van die webwerf of die dienste: Ons kan moontlik diensverskaffers betrek om ons volgens ons instruksies en namens ons by te staan om die webwerf of die dienste aan jou te fasiliteer. Hierdie diensverskaffers kan moontlik inligting oor jou insamel en dit aan ons verskaf.
  • Van ander gebruikers op die Paxful-webwerf of van affiliate wat by die Paxful-webwerf of -dienste geïntegreer is: Ander gebruikers kan moontlik vir ons inligting oor jou gee oor transaksies of gesprekke. Affiliate kan moontlik ook vir ons inligting oor jou gee oor jou interaksies of transaksies met sodanige affiliate.
  • Van derde partye wat ons moontlik help om identiteit te verifieer, bedrog te verhoed en die sekuriteit van transaksies te beskerm.
  • Van derde partye wat ons moontlik help om jou kredietwaardigheid of finansiële stand te evalueer.
  • Van derde partye wat ons moontlik help om persoonlike data te ontleed, die webwerf of die dienste of jou ervaring daarvan te verbeter, produkte of dienste te bemark, of promosies en aanbiedings aan jou te bied.
  • Van sosialemedia-platforms, as jy via sosiale media met ons omgaan.

Hoe ons data deel

Onder sekere omstandighede sal ons moontlik sekere persoonlike data met ander mense deel. Die kategorieë van mense met wie ons moontlik persoonlike data deel, sluit in:

  • Diensverskaffers en/of dataverwerkers: Ons kan moontlik persoonlike data deel met derdeparty-diensverskaffers wat volgens ons instruksies en namens ons dienste lewer en funksies uitvoer. Hierdie derdeparty-diensverskaffers kan byvoorbeeld dienste aan jou lewer, jou identiteit verifieer, bystaan in die verwerking van transaksies, vir jou advertensies vir ons produkte stuur of kliëntesteun bied.
  • Ander partye wat deel is van transaksies, soos verkopers: Ons kan moontlik inligting deel met die ander deelnemers van jou transaksies, insluitend ander gebruikers van wie jy die digitale bate koop.
  • Finansiële instellings en ander maatskappye wat jou help om betalings in verband met transaksies te maak
  • Affiliate wat verwysers van ons webwerf af ontvang
  • Ander derde partye vir ons besigheidsdoeleindes of soos deur die wet toegelaat of vereis, insluitend:
    • Om te voldoen aan enige regs-, regulatoriese of kontraktuele verpligting, of aan enige regs- of regulatoriese proses (soos ’n geldige hofbevel of dagvaarding);
    • Om regsvorderings te vestig, uit te oefen of te verdedig;
    • In antwoord op ’n versoek deur ’n regeringsagentskap, soos wetstoepassingsowerhede of ’n regsbevel;
    • Om ons webwerf se diensbepalings of ons interne beleid af te dwing;
    • Om fisiese besering of finansiële verlies te voorkom, in verband met ’n ondersoek na vermoedelike of werklike onwettige aktiwiteit, of om ons of ander mense se regte, eiendom of veiligheid te beskerm;
    • Om die aankoop of verkoop van die hele of ’n deel van Paxful se besigheid te fasiliteer. Byvoorbeeld deur data te deel met ’n maatskappy met wie ons beplan om saam te smelt of deur wie ons aangekoop sal word; of
    • Om ons oudit-, voldoenings- en korporatiewe bestuursfunksies te ondersteun.

Internasionale data-oordragte

Let wel: ons kan moontlik persoonlike data wat ons van jou insamel, na lande anders as die land waarin die inligting oorspronklik ingesamel is, oordra. Daardie lande het moontlik nie dieselfde databeskermingswette as die land waarin jy oorspronklik die inligting verskaf het nie. Wanneer ons jou persoonlike data na ander lande oordra, doen ons stappe wat ontwerp is om te verseker dat die oordrag ooreenkomstig die toepaslike wette gebeur.

Koekies en aanlyn advertering

  • ’n Koekie is ’n klein tekslêer wat ’n webwerf op jou rekenaar of mobiele toestel stoor wanneer jy die webwerf besoek.
  • Ons webwerf gebruik koekies en volgtegnologie om te kan werk en om advertensies waarin jy moontlik sal belangstel, te teiken. Lees asseblief ons koekiebeleid vir meer inligting.
  • Paxful kan moontlik met derdeparty-advertensienetwerke saamwerk om advertensies op die Paxful-webwerf of op derdeparty-webwerwe te vertoon. Hierdie webwerwe en derdeparty-advertensienetwerke word nie deur Paxful beheer nie. Advertensienetwerkvennote gebruik datategnologie om inligting oor jou aanlyn aktiwiteite in te samel om vir jou geteikende advertensies te bied waarin jy dalk sal belangstel. As jy verkies dat hierdie inligting nie gebruik word vir die doel om vir jou geteikende advertensies te bied nie, kan jy dit weier deur die volgende te besoek:

Let wel: dit sal jou nie uit advertensies uitteken nie – jy sal steeds generiese advertensies ontvang wat nie op jou spesifieke belangstellings gebaseer is nie. Jy kan die gebruik van koekies op die individuele blaaiervlak beheer. As jy koekies weier, mag jy steeds ons webwerf gebruik, maar jou gebruik van sekere kenmerke of areas van ons webwerf sal moontlik beperk wees.

Databehoud

Ons behou persoonlike data vir die tydperk wat nodig is vir die doeleindes waarvoor dit ingesamel is, of vir sodanige tydperke wat deur toepaslike wette vereis word. Dit kan moontlik beteken dat persoonlike data vir sekere tydperke lank ná ’n transaksie behou word. Ons doen moeite om jou persoonlike data uit te vee sodra dit nie meer nodig is vir enige van die besigheidsdoeleindes wat hier bo beskryf word nie.

Datasekuriteit

Paxful het beskermingsmaatreëls geïmplementeer wat ontwerp is om jou persoonlike data te beskerm, insluitend maatreëls om persoonlike data te beskerm teen verlies, misbruik en ongeoorloofde toegang en bekendmaking. Paxful kan egter nie die sekuriteit of vertroulikheid van inligting wat jy aan ons stuur of van ons ontvang via die internet of draadlose verbinding verseker of waarborg nie. Dit is altyd riskant om data via die internet te stuur, selfs al wend Paxful pogings aan om data te beskerm sodra dit ontvang is.

Kinders onder 18

Paxful se webwerf is nie bedoel vir kinders onder die ouderdom van 18 jaar nie. Ons samel nie willens en wetens inligting van kinders onder 18 in sonder geverifieerde ouertoestemming nie. As ons uitvind dat ons sonder ouertoestemming inligting van iemand onder die ouderdom van 18 ingesamel het, insluitend persoonlike data, sal ons die inligting onmiddellik uitvee.

Wysigings aan die privaatheidkennisgewing

Paxful behou die reg om hierdie kennisgewing van tyd tot tyd te verander. Ons sal jou van wysigings aan hierdie kennisgewing laat weet deur ’n gewysigde weergawe van hierdie kennisgewing hier, per e-pos of deur ’n prominente berig op die Paxful-webwerf se tuisblad te plaas. Ons beveel aan dat jy die webwerf van tyd tot tyd besoek om te kyk of daar enige veranderings is.

Kontak ons

As jy enige vrae oor hierdie kennisgewing het of as jy ’n navraag oor persoonlike data of privaatheid het, kontak ons asseblief by: [email protected]

EEG-bylaag

Die volgende bekendmakings is van toepassing op en is uitsluitlik bedoel vir individue wat in die Europese Ekonomiese Gebied (EEG) woon.

Databeheerder

Die beheerder vir jou persoonlike data is Paxful, Inc.

Regsgronde vir die verwerking van persoonlike data

  • Tot die mate waarin ons persoonlike data gebruik om kontraktuele verpligtinge of versoeke deur jou in verband met ’n kontrak uit te voer, is artikel 6(1)(b) van die Algemene Databeskermingsregulasie (“GDPR”) die regsgronde vir ons dataverwerking.
  • Tot die mate waarin ons persoonlike data gebruik om te voldoen aan ’n regsverpligting ingevolge EU- of lidlandwette is artikel 6(1)(c) van die GDPR die regsgronde vir ons dataverwerking.
  • Tot die mate waarin ons persoonlike data gebruik om die wesenlike belange van individue te beskerm is artikel 6(1)(d) van die GDPR die regsgronde vir ons dataverwerking.
  • Tot die mate waarin ons persoonlike data gebruik in die navolg van ons regmatige besigheidsbelange is artikel 6(1)(f) van die GDPR die regsgronde vir ons dataverwerking. ’n Lys van ons regmatige besigheidsbelange staan in die “Hoe ons jou data gebruik”-afdeling hier bo.

Europese databeskermingregte

Die Europese wette gee vir jou sekere regte oor jou persoonlike data, insluitend:

  • Die reg om toegang tot jou persoonlike data te versoek en dit reg te stel.
  • Die reg om te versoek dat Paxful sekere persoonlike data oor jou uitvee.
  • Die reg tot data-oordraagbaarheid, wat die reg insluit om te versoek dat sekere persoonlike data wat jy aan ons verskaf het, van ons af na ’n ander databeheerder oorgedra word.
  • Die reg om enige toestemming wat jy aan Paxful gegee het om jou data in te samel, te gebruik of te deel, te eniger tyd te onttrek. Let wel: om toestemming te onttrek, het geen invloed op die wettigheid daarvan dat Paxful jou persoonlike data kan verwerk vóór jou onttrekking nie.
  • Die reg om beswaar te maak teen Paxful se verwerking van jou persoonlike data, gebaseer op jou spesifieke situasie.
  • Die reg om te versoek dat Paxful die verwerking van jou persoonlike data beperk, indien aan sekere statutêre voorwaardes vir beperkings voldoen is.
  • Die reg om ’n klag te lê by ’n Europese oorsig-owerheid.

Let wel: die toepaslike wet kan moontlik uitsonderings bied op enige van hierdie regte, kan moontlik vir Paxful die reg gee om jou versoek te weier, of kan die tydperk waarin Paxful op jou versoek kan optree, verleng. Paxful kan jou moontlik ook kontak om jou identiteit te verifieer soos deur die wet toegelaat, voordat daar op jou versoek opgetree word. Om enige van hierdie regte uit te oefen, kontak ons asseblief soos uiteengesit in die “Kontak ons”-afdeling hier bo.

Internasionale oordragte

Ons kan moontlik persoonlike data oor EEG-inwoners oordra na lande wat nie volgens die Europese Kommissie voldoende beskerming bied nie, insluitend die VSA. Vir enige sodanige oordragte implementeer Paxful beskermingsmaatreëls wat ontwerp is om te verseker dat jou persoonlike data voldoende beskerm word. As jy jou in die EEG bevind, sal Paxful jou persoonlike data slegs oordra indien: die land waarheen die persoonlike data oorgedra sal word, deur ’n Europese Kommissie-besluit as voldoende geag is; die ontvanger van die persoonlike data in die VSA is en deur die VSA-EU-privaatheidskermraamwerk gesertifiseer is; Paxful die toepaslike beskermingsmaatreëls ingevolge die oordrag ingestel het, byvoorbeeld deur EU-standaard- kontraktuele klousules met die ontvanger te sluit; of as ’n toepaslike statutêre uitsondering op die GDPR se algemene oordragverbod geld. Om ’n afskrif te kry van die meganismes wat Paxful uitgevoer het om oordragte van persoonlike data buite die EEG te steun, kontak ons soos uiteengesit in die “Kontak ons”-afdeling hier bo.

Kalifornië-bylaag

Die volgende bekendmakings geld vir en is uitsluitlik bedoel vir inwoners van die deelstaat Kalifornië.

Jou Kalifornië-privaatheidregte

Tot die mate waarin ons sekere persoonlik identifiseerbare inligting oor jou bekendmaak aan derde partye wat dit vir hul direktebemarking-doeleindes gebruik, het jy die reg om verdere inligting oor die ontvangers van jou inligting te versoek. Om hierdie reg uit te oefen, kontak ons asseblief soos beskryf in die “Kontak ons”-afdeling.

“Moenie volg nie”-verwante bekendmaking

Ons webwerf is nie ontwerp om te reageer op “Moenie volg nie”-seine of -versoeke nie.

Feite Wat doen Paxful met jou persoonlike inligting?
Waarom?

Finansiële maatskappye kies hoe hulle jou persoonlike inligting deel. Federale wette gee verbruikers die reg om deling van sommige inligting te beperk, maar nie alles nie. Federale wette vereis ook dat ons jou laat weet hoe ons jou persoonlike inligting insamel, deel en beskerm. Lees hierdie berig asseblief noukeurig om te verstaan wat ons doen.

Wat?

Die soort persoonlike inligting wat ons insamel en deel, hang af van die produk of diens wat jy by ons het. Hierdie inligting kan die volgende insluit:

  • Sosialesekuriteit-nommer of rekeningsaldo’s
  • Betaalgeskiedenis of transaksiegeskiedenis
  • Kredietgeskiedenis of krediettellings

Wanneer jy nie meer ons kliënt is nie, deel ons steeds jou inligting soos in hierdie kennisgewing beskryf.

Hoe?

Alle finansiële maatskappye moet kliënte se persoonlike inligting kan deel om hul alledaagse sake te kan bedryf. Die afdeling hier onder noem die redes waarom finansiële maatskappye hul kliënte se persoonlike inligting deel, die redes waarom Paxful kies om inligting te deel, en of jy dit kan beperk.


Redes waarom ons jou persoonlike inligting deel

Deel Paxful inligting?

Kan jy die deling van inligting beperk?

Vir ons alledaagse sakedoeleindes – soos om jou transaksies te verwerk, jou rekening(e) in stand te hou, te reageer op hofbevele en regsondersoeke, of om aan kredietburo’s verslag te lewer

Ja

Nee

Vir ons bemarkingsdoeleindes – om ons produkte en dienste aan jou te bied

Ja

Nee

Vir gesamentlike bemarking met ander finansiële maatskappye

Ja

Nee

Vir ons affiliate se alledaagse sakedoeleindes – inligting oor jou transaksies en ervaringe

Ja

Nee

Vir ons affiliate se alledaagse sakedoeleindes – inligting oor jou kredietwaardigheid

Nee

Ons deel nie die volgende nie

Vir nieaffiliate om aan jou te bemark

Nee

Ons deel nie die volgende nie

Vrae?

Gaan na www.paxful.com

Wie ons is

Wie gee hierdie kennisgewing?

Die privaatheidkennisgewing word deur Paxful voorsien en is op jou persoonlike Paxful-rekening van toepassing.

Wat ons doen

Hoe beskerm Paxful my persoonlike inligting?

Om jou persoonlike inligting teen ongemagtigde toegang en gebruik te beskerm, gebruik ons sekuriteitmaatreëls wat federale wette nakom. Hierdie maatreëls sluit in rekenaarbeskerming en beveiligde lêers en geboue.

Hoe samel Paxful my persoonlike inligting in?

Ons samel jou persoonlike inligting byvoorbeeld in wanneer jy

  • ’n rekening oopmaak of rekeninginligting verskaf
  • vir ons kontakinligting gee of ’n oordrag maak
  • jou Paxful-rekening gebruik om fondse te stuur of te ontvang

Ons samel ook persoonlike inligting van ander instansies in, soos kredietburo’s, affiliate en ander maatskappye.

Waarom kan ek nie die deling van alle inligting beperk nie?

Federale wette gee jou die reg om slegs die volgende te beperk:

  • dat jou inligting vir affiliate se alledaagse sakedoeleindes gedeel word – inligting oor jou kredietwaardigheid
  • dat affiliate jou inligting gebruik om aan jou te bemark
  • dat jou inligting gedeel word sodat nieaffiliate aan jou bemark

Deelstaatwette en individuele maatskappye kan moontlik vir jou bykomende regte gee om deling van inligting te beperk. Kyk hier onder vir meer inligting oor jou regte volgens deelstaatwette.

Definisies

Affiliate

Maatskappye aan mekaar verwant deur gemene eienaarskap of beheer. Dit kan finansiële of niefinansiële maatskappye wees.

  • Ons affiliate sluit maatskappye in wat onder gemene beheer van Paxful Holdings, Inc. is.

Nieaffiliate

Maatskappye wat nie aan mekaar verwant is deur gemene eienaarskap of beheer nie. Dit kan finansiële of niefinansiële maatskappye wees.

  • Nieaffiliate met wie ons persoonlike inligting deel, kan diensverskaffers insluit wat namens ons dienste of funksies voorsien.

Gesamentlike bemarking

’n Formele ooreenkoms tussen niegeaffilieerde finansiële maatskappye wat finansiële produkte of dienste gesamentlik aan jou bemark.

  • Ons gesamentlikebemarking-vennote sluit finansiële maatskappye in.

Ander belangrike inligting

Ons kan moontlik persoonlike inligting na ander lande oordra, byvoorbeeld vir kliëntediens of om transaksies te verwerk.

Kalifornië: as jou Paxful-rekening ’n Kaliforniese posadres het, sal ons nie persoonlike inligting wat ons van jou insamel, deel nie, behalwe in soverre Kaliforniese reg dit toelaat.

Vermont: as jou Paxful-rekening ’n Vermont-adres het, sal ons nie persoonlike inligting wat ons van jou insamel, deel met nieaffiliate nie, tensy die wet dit toelaat of tensy jy magtiging gee.