Ontmoet die Paxful-span!

Paxful se werknemers is die hart van ons maatskappy. Met verskillende kulture en agtergronde leer ons aaneen van mekaar. Die beste deel? Almal kan verskillende tale en kulture ervaar. Ons het wel ’n toegewyde produkspan, maar ons platform is die resultaat van samewerking en terugvoer vanaf elke span en departement.

Max

Korporatiewe regsadviseur (VSA)

Wat’s een ding waarsonder jy nie vir een dag by Paxful kan klaarkom nie?

Grappies met my kollegas.

Wat hou jou hier by Paxful gemotiveerd?

Die potensiaal. Hierdie maatskappy het ontsaglike potensiaal en ek weet dat ek ’n groot rol in ons sukses kan speel.

Wat is een ding omtrent Paxful/P2P-finansies wat jy wens almal geweet het?

Mense vra waarom P2P-finansies belangrik is. Die Wêreldbank het erken dat bykans 2 miljard mense nie toegang tot tradisionele finansiële dienste het nie. Paxful bied aan daardie mense die geleentheid om by die finansiële stelsel betrokke te raak.

Lana

Hoofvoldoeningsbeampte (VSA)

Wat hou jou hier by Paxful gemotiveerd?

Die dryfkrag en positiewe energie om Bitcoin na die mense te bring.

Wat is die sinvolste impak wat jou werk kan maak?

Ek is in beheer daarvan om seker te maak dat ons die slegte ouens vang. Ek het vir my span die hulpmiddels en prosesse gegee om dit te kan doen. Ons duld geen bedrog en onwettige aktiwiteite op ons webwerf nie.

Trisha

Digitale illustreerder (Filippyne)

Wat is die beste voordeel hier by Paxful?

Ek is mal oor die gim- en spa-voordele! Die maatskappy gee regtig oor hul werkers se welsyn om, en hierdie byvoordeel help jou ontspan op die stresvolste dae.

Wat is een ding omtrent Paxful/P2P-finansies wat jy wens almal geweet het?

Ek sal graag wil hê dat mense meer oor die bedryf in die algemeen weet. Die P2P- finansiële bedryf het baie om te bied, veral vir mense met onvoldoende banktoegang.

Wat is jou gunsteling-maatskappygeleentheid wat jy tot dusver by Paxful bygewoon het?

Wat is jou gunsteling-maatskappygeleentheid wat jy tot dusver by Paxful bygewoon het?

Ysabelle

Videobemarking (Filippyne)

Wat hou jou hier by Paxful gemotiveerd?

Wat my aan die gang hou, is die eindelose geleenthede om te groei. Selfs toe ek jonger was, het hulle in my en my werk geglo. Hulle het my die geleentheid gegee om te wys wat ek kan doen.

Wat is jou gunsteling-maatskappygeleentheid wat jy tot dusver by Paxful bygewoon het?

Elke keer wat ons uitgaan vir drankies, is dit groot pret en ’n wonderlike manier vir my om buite die werk met my kollegas te kuier!

Wat is die sinvolste impak wat jou werk kan maak?

Met my werk kan ek my passie omskakel in iets wat ’n impak maak op diegene wat kyk na die video’s wat ons maak.

Michelle

Terugvoerkwaliteitontleder (Filippyne)

Wat is die beste voordeel hier by Paxful?

Om te sien hoe die hele span verbeter soos ons op ons beste met regte glimlagte op ons gesigte werk. Om deel van daardie verbeteringproses te wees, hou my hier by Paxful aan die gang. En natuurlik ook wanneer die waarde van Bitcoin styg!

Wat is een ding omtrent Paxful/P2P-finansies wat jy wens almal geweet het?

Ek wil hê dat almal behoorlik moet weet hoe Bitcoin in die algemeen werk en hoe die verhandelproses by Paxful werk, sodat hulle beter kan verstaan of hulle bedrieg word of nie.

Wat sal jy Paxful graag binne die volgende paar jaar as maatskappy wil sien bereik of doen?

Om die nommer één fin-teg-maatskappy en P2P-verhandelplatform te word!

Madis

PHP-ontwikkelaar (Estland)

Wat’s een ding waarsonder jy nie vir een dag by Paxful kan klaarkom nie?

Peusel aan vrugte en neute in die kombuis, veral kasjoeneute.

Wat hou jou hier by Paxful gemotiveerd?

Die mense met wie ek werk en maatskappydoelwitte wat mense help toegang gee tot die finansiële dienste wat hulle andersins nie kan bereik nie.

Wat is een ding omtrent Paxful/P2P-finansies wat jy wens almal geweet het?

Dat daar werklike, winsgewende maniere is om op Paxful geld te maak en dat nie almal bedrieërs is nie.

Pavel

Kubernetes-ingenieur (Estland)

Wat’s een ding waarsonder jy nie vir een dag by Paxful kan klaarkom nie?

Koffie met my kollegas. Dis ’n goeie tyd om informele terugvoer van enigiemand te kry en uit te vind wat in ander departemente gebeur. Informele geselsies kan ure in vergaderings spaar.

Wat is die beste voordeel hier by Paxful?

Die gim, middagetes wat voorsien word, afdae. Die hoofsaak wat egter dikwels vergeet word, is dat Paxful die lojaalste maatskappy is vir wie ek in my lewe nog gewerk het. Hulle doen alles in hul vermoë om jou dag geriefliker te maak en om jou belangrik te laat voel.

Wat is jou gunsteling-maatskappygeleentheid wat jy tot dusver by Paxful bygewoon het?

Die mees fantastiese geleentheid was ons somerdae, toe die hele maatskappy, ook almal van ander kantore, byeengekom het vir ’n spanboureis na Split in Kroasië. Dit was so wonderlik om kollegas te ontmoet, almal te leer ken en ware spangees te bou.

Aska

Voldoening (Hongkong)

Wat hou jou hier by Paxful gemotiveerd?

Resultate en my spanlede.

Wat is een ding omtrent Paxful/P2P-finansies wat jy wens almal geweet het?

Dat ons ons bes doen om beide verkopers en kopers te beskerm! Die laaste ding wat ons wil hê, is om jou BTC terug te hou.

Wat is jou gunsteling-maatskappygeleentheid wat jy tot dusver by Paxful bygewoon het?

Om na verskillende kantore te vlieg vir besoeke en opleiding.

Tugba

Affiliaatbestuurder (Estland)

Wat’s een ding waarsonder jy nie vir een dag by Paxful kan klaarkom nie?

My span!

Wat hou jou hier by Paxful gemotiveerd?

Daar is ’n ongelooflike geleentheid vir groei, vir beide professionele en bestuursvaardighede.

Wat is een ding omtrent Paxful/P2P-finansies wat jy wens almal geweet het?

Alle Paxful-geleenthede is pret! Maar ek het veral gehou van somerdae 2019, toe ons ’n volle week in Kroasië deurgebring het.