Wag asseblief terwyl ons die beste aanbiedinge vir jou vind.

Buy from

Betaal met

Price per Ethereum

Hoe om Ethereum te koop op Paxful

Paxful mik om miljoene individue wêreldwyd wat nie voldoende toegang tot bankdienste het nie, finansieel in te sluit. Ons maak dit maklik en veilig om jou geld of ander geldeenhede vir Ethereum (ETH) om te wissel en te gebruik waar jy dit die nodigste het, bv. alledaagse aankope of spekulatiewe belegging.

Met ons mens-aangedrewe mark kan jy Ethereum direk van gebruikers reg oor die wêreld koop, met geen banke of ander tussengangers betrokke nie. Hier’s hoe jy ETH in ’n kits kan koop:

  1. Registreer ’n rekening – Registreer en kry ’n gratis digitale beursie waar jy jou ETH veilig kan stoor.
  2. Soek vir aanbiedinge – Kies jou voorkeur-betaalmetode, voer die bedrag wat jy sal spandeer in enige geldeenheid in, en klik op “Soek vir aanbiedinge”. Lees elke aanbod se bepalings noukeurig en kyk na die verkoper se profiel. Kyk sorgvuldig na hul koerse, beskikbaarheid en terugvoer van vorige verhandelings.
  3. Begin verhandel – As jy met die verkoper se vereistes instem, voer die bedrag in wat jy wil spandeer, en begin die verhandeling. Dit sal ’n lewende gesprek oopmaak waar die verkoper vir jou gedetailleerde instruksies sal gee. Volg die instruksies noukeurig en moenie huiwer om enige vrae te vra nie.
  4. Ontvang ETH – Nadat jy die betaling gestuur en die verhandeling as betaal gemerk het, wag ’n paar minute dat die verkoper die transaksie verifieer. Hulle sal die ETH dan direk na jou Paxful-beursie vrystel.
  5. Gee terugvoer – Vertel vir ons en ander gebruikers oor jou ervaring met jou medeverhandelaar. Dit is belangrik om ons platform vir almal veilig te hou.

Sien jy hoe veilig, vinnig en maklik dit is om Ethereum vanaf Paxful te koop? Met 300+ betaalmetodes om uit te kies is dit nou so moeiteloos as wat dit kan om kriptogeld te verhandel. Besoek ons kennisbasis of kontak ons steundiensspan vir meer inligting.

Met meer as 300 maniere om te betaal, insluitend kontant, bankoordragte en geskenkkaarte, was dit nog nooit so maklik om ETH te koop nie. Sien jy nie jou voorkeur-betaalmetode nie? Laat weet ons, en ons sal probeer om dit op ons platform by te voeg. Vir meer inligting, kyk na ons Kennisbasis of kontak ons steundiens.