Wag asseblief terwyl ons die beste aanbiedinge vir jou vind.

Buy from

Betaal met

Price per Bitcoin

Hoe om Bitcoin te koop met Revolut

Revolut word deur meer as 2 miljoen klante gebruik. Dit bied ’n wye verskeidenheid van bankdienste, insluitend internasionale geldoordragte en persoon-tot-persoon-betalings. Nou kan jy Revolut gebruik om Bitcoin op Paxful te koop, sonder ekstra fooie. Hier is hoe:

Eerstens moet jy by jou Paxful-rekening aanmeld of een skep deur te klik op Skep rekening. Nadat jy die rekeningverifikasie-proses voltooi het, klik op Koop Bitcoin en stel Revolut as jou voorkeur-betaalmetode om toepaslike aanbiedinge te kan sien. Die beste aanbiedings kom van betroubare verkopers. Een manier om hulle te vind is om te soek vir verkopersprofiele met die meeste positiewe terugvoer. Klik eenvoudig op die klik verkoper se naam om hul verhandelgeskiedenis en resensies van hul medeverhandelaars te sien.

Sodra jy ’n aanbod vind waarvan jy hou, wat van ’n betroubare verskaffer is, klik op Koop om hul verhandelvereistes lees. Lees die verhandelingvereistes aandagtig deur en volg dit noukeurig na. Klik op die “Aanvaar vereistes en koop nou Bitcoin!”-knoppie as jy van die aanbodvereistes hou. ’n Kassie met lewende gesprek sal verskyn waar jy met die verkoper kan kommunikeer en vra of hulle ander vereistes het.

Let wel: Paxful gebruik ’n fondsbewaringstelsel om die verkoper se BTC te grendel sodra die verhandeling begin, sodat jou geld veilig is.

Nadat jy die betaling na die verkoper se Revolut-rekening gestuur het, klik op Merk as betaal sodat die verkoper die BTC uit fondsbewaring kan vrystel. Dis so maklik! Jy het so pas Bitcoin suksesvol met jou Revolut-rekening gekoop.