Wag asseblief terwyl ons die beste aanbiedinge vir jou vind.

Buy from

Betaal met

Price per Bitcoin

Hoe om Bitcoin te koop met PayPal

PayPal is een van die grootste aanlyn geldoordragstelsels in die wêreld wat ’n alternatief bied vir tjeks en poswissels. Dit bied ’n maklike, vinnige manier om fondse wêreldwyd te stuur en te ontvang, en om betalings oral en te enige tyd te verwerk.

Om Bitcoin in ’n kits met PayPal te koop, is nou moontlik op Paxful se persoon-tot-persoon-mark. Daar is verskeie aanbiedings op ons platform wat PayPal as die voorkeur-betaalmetode aanvaar. As jy nie ’n geskikte aanbod kan vind nie, kan jy altyd jou eie aanbod skep om gebruikers te lok wat BTC met PayPal wil verhandel.

Ter wille van ’n veiliger verhandelingervaring kan sommige verkopers bykomende stappe vereis om die identiteit van hul medeverhandelaars te bevestig. Hierdie stappe kan insluit dat jy sekere dokumente moet wys, bv. ID-kaarte, selfies en/of skermkiekies. Dit verminder die risiko van bedrieglike betalings en ongemagtigde gebruik van PayPal-rekeninge, en dit maak van Paxful ’n veiliger mark.

Verskillende aanbiedings se bepalings en voorwaardes kan verskil. Onthou dus om die verkoper se vereiste te lees en dit te verstaan voordat jy begin verhandel. Jy kan ons aanlyn Bitcoin-berekenaar gebruik om te beraam hoeveel BTC jy kan koop met die bedrag wat jy in jou voorkeurgeldeenheid het. Vir meer inligting, kyk ons gedetailleerde stap-vir-stap-video oor hoe om Bitcoin met Paypal op Paxful te koop.

Hier by Paxful wil ons die manier waarop jy jou PayPal-fondse in Bitcoin omskakel, vereenvoudig met ons veilige, gebruikersvriendelike persoon-tot-persoon-mark. Vind die beste aanbod vir jou vandag.