Wag asseblief terwyl ons die beste aanbiedinge vir jou vind.

Buy from

Betaal met

Price per Bitcoin

Hoe om Bitcoin met Cash App te koop

Cash App is ’n aanlyn beursie en betaal-app waarmee jy geld in ’n kits na familie en vriende kan stuur en van hulle kan ontvang. Jy kan ook daarmee mobiele en kaartbetalings vir jou besigheid aanvaar en fondse na jou bankrekening oordra.

Op Paxful se persoon-tot-persoon-mark kan jy nou Bitcoin met Cash App koop. Volg hierdie stappe om jou BTC te kry:

  1. Meld aan by Paxful – Meld aan by jou Paxful-rekening of skep ’n nuwe een. As jy by Paxful registreer, kry jy jou eie Bitcoin-beursie sonder ekstra koste.
  2. Kies jou betaalmetode – Kies “Cash App” as die betaalmetode vir ’n lys van alle aanbiedinge wat hierdie betaalmetode aanvaar. Jy kan ook die bedrag invoer wat jy wil spandeer, om nietoepaslike aanbiedinge uit te filter. Wil jy weet hoeveel Bitcoin jy sal kry? Probeer ons Bitcoin berekenaar.
  3. Vind ’n goeie aanbod – Blaai deur die lys aanbiedinge en onthou om ’n agtergrondkontrole te doen. Dink mooi oor die beskikbaarheid, reputasietellings, verhandelgeskiedenis van die verkoper, en ander sulke faktore. Sodra jy ’n goeie aanbod vind wat bevredigend lyk, lees die verkoper se vereistes noukeurig voordat jy begin verhandel.
  4. Aanvaar die vereistes en begin die verhandeling – Wanneer jy Bitcoin met Cash App koop, moet jy altyd jou $Cashtag en bewys van betaling gereedhou om jou transaksie te laat vlot verloop. Sommige verkopers kan dalk ook versoek dat jy ’n kopie van jou ID-kaart en ander dokumente indien om jou identiteit te verifieer. Wees dus voorbereid op sulke versoeke. Sodra die verhandeling begin, volg die verkoper se instruksies. Let wel: Paxful gebruik ’n fondsbewaringstelsel wat die verkoper se Bitcoin bewaar totdat die transaksie afgehandel is, om jou teen moontlike bedriegspul te beskerm. Sodra die verhandeling suksesvol afgehandel is, ontvang jy die Bitcoin direk in jou Paxful-beursie.

Hier by Paxful maak ons dit maklik en veilig om BTC met Cash App te koop. Vir meer inligting oor hoe om Bitcoin op ons platform te koop, besoek ons kennisbasis of kontak ons steundiensspan.