Paxful-kiosk

Ons robuuste toegangspunt vir gewone geld om jou digitale ondernemings aan te dryf

Paxful is die toonaangewende persoon-tot-persoon-Bitcoin-mark wat finansiële vryheid na alle uithoeke van die wêreld bring. Ons kiosk brei hierdie vryheid uit na digitalegeld-beurse, sodat kliënte hul rekenings met Bitcoin kan befonds. Wat meer is, jy kan affiliaatinkomste outomaties verdien op alle aankope deur nuwe kliënte wat jy na Paxful bring, vir ewig.

3 eenvoudige stappe

  • 1. Skep jou virtuele Bitcoin-kiosk

  • 2. Ontplooi dit op jou webwerf of kanaal

  • 3. Kry 2% opsionele kommissie op elke verkoop

Skep jou Paxful-kiosk en verhef jou besigheid vandag nog!

Deur te registreer, stem jy in tot Paxful se diensbepalings, affiliaatprogram-diensbepalings en privaatheidkennisgewing

Deur die grootste name in kriptogeld gebruik

Met ons pasklaar oplossing is dit regtig vinnig en maklik om nuwe gebruikers aan boord en aan die gang te kry met Bitcoin. Van die grootste name in die besigheid gebruik reeds ons kiosk en jy behoort dit ook te doen!

Bitmart

Ons vennootskap met Bitmart stel gebruikers nou in staat om digitale geldeenhede deur die Paxful-Bitcoin-kiosk te koop en verkoop

Byvoordele van Paxful se Bitcoin-kiosk

Byvoordele van Paxful se Bitcoin-kiosk

Vinnig om op te stel en maklik om te pasmaak

Jy kan jou kiosk pasmaak met voorafbepaalde bedrae, betaalmetodes, ens. en ook met kosmetiese veranderinge soos kleur en handelsmerke.

Geen terugdebiterings nie

Daar is vir jou as handelaarskap geen risiko van terugdebiterings nie, omdat jou kliënte se betalings deur ons P2P-mark verwerk word.

Steun vir ontwikkelaars

Ons bied ’n verskeidenheid gevorderde pasmaakmoontlikhede van die legstuk vir webwerwe en apps. Vind meer uit in ons ontwikkelaardokumentasie.

Meer as 300 betaalmetodes

Jou kliënte kan enige van ons 350+ betaalmetodes gebruik om hul Bitcoin-rekeninge te befonds, met geen terugdebiterings nie.

Interaktiewe tutoriaal

Is jy ’n meer regstreeks betrokke mens? Ons verstaan. En ons het die antwoord! Hier’s ’n vinnige, interaktiewe tutoriaal wat ons geskep het om jou te help verstaan hoe dit alles werk. Dit sal jou in ’n kits op hoogte bring.

Sien dit in aksie
Interaktiewe tutoriaal Interaktiewe tutoriaal
Interaktiewe tutoriaal Interaktiewe tutoriaal

Meer as 300 fiat opritte beskikbaar

Jou kliënte kan enige van die 350+ betaalmetodes gebruik wat ons aanvaar. Die Bitcoin word direk in jou rekening op jou beurs of platform gedeponeer.

Bankoordragte

Paxful ondersteun alle globale banknetwerke. Bankoordragte is dikwels plaaslik, en die deposito's vind plaas binne 'n dag.

Aanlyn beursies

Jou gebruikers kan deur enige van die gewilde digitale beursies vir hul Bitcoin betaal.

Kontantbetaling

Aanvaar onmiddelike kontant deposito's wêreldwyd via Paxful se groeiende p2p kontant opritte. Perfek vir mense wat nie bankrekeninge het nie.

Debiet-/kredietkaarte

’n Maklike, beveiligde en gerieflike manier vir gebruikers om Bitcoin aanlyn te koop.

Digitale geldeenhede

Gebruikers kan hul voorraad van ander gewilde kriptogeldeenhede maklik en gerieflik vir Bitcoin ruil.

Kwelvrae

Is iets steeds onduidelik? Hier is ’n paar van die algemeenste vrae wat ander kioskgebruikers gehad het, asook ons antwoorde daarop, om alles vir jou duideliker te maak.

Ja. Paxful se kiosk is die ideale oplossing vir jou. Deur ons kiosk op jou beurs op te stel, lewer jy vir jou kliënte ’n vinnige, maklike toegangspunt vir gewone geld.

Stel ’n rekening op by Paxful.com, en vul dan ’n institusionele identifikasieplig-vorm (KYC) in.

Jou kliënt se Bitcoin kan na ’n omnibusbeursie gestuur word wat jy besit, of na hul unieke beursie-adres op jou platform.

Ja. Jy kan die kleur pasmaak en jou eie handelsmerk daarby voeg.

Die kiosk gee toegang tot al Paxful se gesteunde geldeenhede en betaalmetodes.

Ja, jy kan die kiosk met jou eie aanbiedinge opstel.

Terugdebiteer-risiko word deur die verkopers op Paxful se platform gedra. Sodra jou kliënt se Bitcoin aan jou gestuur is, is daar geen terugdebiteer-risiko vir jou besigheid nie.

Ons het ’n groot, goed opgeleide span van meer as 100 mense. Hulle modereer en los dispute op – 24/7.

Dis ’n eenvoudige 3-stap-proses en jy behoort dit binne minute te kan laat loop.

Dis net so veilig as om op Paxful te verhandel.

Die kiosk-paneel op jou Paxful-rekening sal jou al die inligting en statistiek van jou kiosks en hul inkomste wys.

Jou inkomste word ná elke aankooptransaksie direk na jou Paxful-beursie in Bitcoin uitbetaal.

Nee, jou kliënte sal nooit jou webwerf hoef te verlaat nie. Hulle kan hul Bitcoin direk vanaf jou webwerf koop.

Ons het ’n aangepaste, pasmaakbare identifikasieplig-stelsel gebaseer op die derdeparty-sagteware Jumio. Gebruikers wat identifikasieplig-geverifieer is, vereis ’n ID, selfie en volmag. Daar is verskillende vlakke op grond van volume en geografie wat vereis dat gebruikers identifikasieplig-geverifieer word.

Jou kliënte sal uit enige van 300 betaalmetodes wat op Paxful aanvaar word, kan kies. Ons voeg voortdurend nuwe betaalmetodes by hierdie lys.

Top-betaalmetodes sluit in plaaslike bankoordragte, PayPal, SEPA, kredietkaart, Western Union, Alipay en Vanilla-kaart.

Die kiosk kan op jou persoonlike webblaaie, blogs, YouTube-kanale ens. gebruik word.

Ja, ons kan saam met ons bemarkingspan werk om verskillende maniere te vind om publisiteit aan die nuwe verhouding te gee.

Die kiosk bedien alle kliënte wêreldwyd wat buite OFAC-lande is, nes ons hoofplatform. Ons het meer gebruikers in groot lande en nasionale geldeenhede.

Kwelvrae Kwelvrae
Gereed vir jou eie Bitcoin-kiosk? Gereed vir jou eie Bitcoin-kiosk?

Gereed vir jou eie Bitcoin-kiosk?

Dis vinnig en maklik om jou Paxful-Bitcoin-kiosk op te stel. Skep net ’n rekening, gee jou kiosk ’n naam en jy’s gereed om weg te spring. Begin nou!

Skep ’n rekening