Paxful is besig om die wêreld van finansies te verander. In net vyf jaar het ons een van die toonaangewende persoon-tot-persoon-bitcoin-markte geword wat deur miljoene mense reg oor die wêreld gebruik word. En ons het nog maar net begin.
Paxful het met ’n eenvoudige missie begin: om die vier miljard mense wat geen of onvoldoende toegang tot bankdienste het, te bemagtig sodat hulle beheer oor hul geld kan hê op ’n manier wat nog nooit voorheen moontlik was nie.
Ray Youssef, Uitvoerende hoof
Ray is ’n immigrant uit Egipte wat in die hart van New York grootgeword het, met ’n passie om ander mense te help. Hy het gedroom van ’n wêreld waar finansies vir almal toeganklik is, en daardie idee het as Paxful gemanifesteer.
Ons staan by drie eenvoudige beginsels om ons in ons reusetaak te lei.
Wees ’n held
By Paxful wend ons bomenslike pogings aan om die knoop deur te haak. Ons werk dag en nag ononderbroke om ons gebruikers dit te gee waaroor hulle droom. Ons is besig om die onmoontlike moontlik te maak om die lewens van miljarde mense die wêreld heen te verbeter.
Bou vir mense
Wanneer ons by Paxful besluite neem, dink ons aan mense, nie winste nie. Ons gaan na die plekke wat die res van die wêreld geïgnoreer en van vergeet het. Ons help gesinne om te floreer, ons bou skole, en ons help ons gebruikers om hul eie baas te word.
Bly verbind aan die mens op straat
By Paxful luister ons 24/7 na ons gemeenskap. Ons is nie in wolkekrabbers saam met die ernstige sakemense nie – ons is op straat saam met die gewone mense. Ons is altyd met ons gebruikers aan die gesels, en ons vra hul terugvoer terwyl ons iets beter skep.
Paxful is besig om die manier waarop die wêreld geld rondstuur en kriptogeld aanvaar, te verander deurdat ons oordragte met enigiemand, enige plek, enige tyd moontlik maak.
Het jy nie ’n bankrekening nie? Geen probleem nie. Ons het meer as 300 betaalmetodes om uit te kies, wat dit vir jou maklik maak om jou geld rond te stuur nes jy wil.
Mens-aangedrewe tegnologie
Paxful is geheel en al persoon-tot-persoon, wat beteken dat ons gebruikers met regte mense verhandel – op die manier wat bitcoin veronderstel was om gebruik te word.
Gratis kriptogeldbeursie
Betroubaar, maklik om te gebruik, en kos jou nie ’n sent nie. Ons digitale beursie gee vir almal ’n veilige plek om hul rykdom te stoor – maak nie saak wie jy is of waar jy vandaan kom nie.
Beveilig
Veiligheid en sekuriteit is die belangrikste faktore as dit by jou geld kom. Alle verhandelings op Paxful word deur ons beveiligde fondsbewaringdiens beskerm om gemoedsrus te waarborg.
By Paxful glo ons dat Bitcoin die toekoms is, asook ’n medium vir verandering. “Built with Bitcoin” is ons inisiatief om deur middel van Bitcoin geleenthede te bied, lewens te verbeter en van die wêreld ’n beter plek te maak vir gemeenskappe wat dit die nodigste het.
Ons doelwit? Om 100 skole, waterfasiliteite en ondernemersontwikkelaars te bou wat geheel en al deur Bitcoin befonds is. Ons bou tans ons vierde skool en het nog net 96 oor!
“Built with Bitcoin” het ook gehelp met COVID-19-noodleniging in Afrika – met mildelike bydraes van ons gebruikers en vriende kon ons kos, handreinigers en ander beskermende toerusting aan die hulpbehoewendes verskaf.
Sluit by ons aan! Kom ons verander die wêreld saam.
Vind meer uitKantore reg oor die wêreld
Werknemers wat die wêreld ’n beter plek wil maak
Tale in ons internasionale kantore
Missie om ’n wêreld te bou met gelyke finansiële toegang vir alle mense
As jy ’n steundiensprobleem het of vir ons terugvoer wil gee oor hoe ons ons produkte kan verbeter, sal ons graag meer wil hoor. As jy Paxful egter oor enige ander besigheidsverwante navrae wil kontak, is ons ook deur ander kanale beskikbaar.
Pers en bemarking
Help om Paxful se boodskap deur die pers en bemarkingsinisiatiewe te versprei. Kontak ons by [email protected] vir persnavrae.
Foutopspoorbeloning
Die foutopspoorbeloning-program gee jou die geleentheid om ’n beloning te verdien as jy tegniese foute identifiseer. Rapporteer dit by [email protected]. Meer inligting hier.
Korporatiewe rekenings
Om ’n korporatiewe rekening vir besigheidverhandeling op Paxful te registreer, kan jy ’n e-pos stuur aan [email protected]. Meer inligting hier.
Verkope en vennootskappe
Doen navraag oor hoe om ’n vennoot te word. Laat weet ons as jy belangstel om ons vennoot te word, deur ’n e-pos te stuur aan [email protected].
Skep jou eie Paxful-rekening en neem die sprong in die kriptogeldwêreld in.